Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 50 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid het na God gesmag soos 'n droë land na water smag. Hy het vertrou dat God hom van sy vyande se lasterlike aanvalle sou verlos.

Wat beteken dit?

Dawid was weer aan die vlug, en het in die woestyn weggekruip. Hy was in gebrek van goeie kos en baie water, maar die moeilikste gebrek was sy onvermoë om God in die tempel te aanbid. Hy het die geleentheid gemis om die Here te prys in die teenwoordigheid van God se mense. Dawid se verlange na die Here se teenwoordigheid het veroorsaak dat hy gebid het. Hy het na God uitgeroep vir beskerming en verlossing. Dawid het vertroosting, hoop en rus gevind in die teenwoordigheid van God, selfs tydens sy tyd in die woestyn.

Hoe behoort ek te reageer?

Watter moeilike ervarings in jou lewe het veroorsaak dat jy alleen voel? Wanneer dit gebeur, volg Dawid se voorbeeld en rig jou gedagtes op God. Sy teenwoordigheid is 'n verkwikkende fontein en 'n plek van hoop en rus. Die omstandighede is dalk ongenaakbaar en jou vyande is dalk aggressief en onderdrukkend, maar God se voorsiening is groter. Lei jy onder 'n persoonlike aanval of is jy verwyderd van jou kerkfamilie? Jy is nie alleen nie; God kan oorwinning bring, so rus en hoop op Hom.

Dag 49Dag 51

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org