Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Wat staan daar geskrywe?
Dawid het gebid dat God hom help om teen die genadelose manne te veg wat hom om die lewe wou bring. Hy was ontsteld omdat sy vriend sy vyand geword het.
Wat beteken dit?
Beide psalms onthul die steekpyn van verraad. Dawid se gebed in Psalm 54 het betrekking op die Sifiete, wat, ondanks die feit dat hulle binne die grense van Juda gewoon het — Dawid se stam — teen hom gedraai het in die hoop om guns by Saul te vind (1 Samuel 23:19-23; 26:1-3). Psalm 55 is heelwat later in sy lewe geskryf en handel oor 'n meer persoonlike verraad — dié van sy seun Absalom en sy beste vriend Agitofel. Dawid se lewe kon maklik van spoor af gebring word deur bitterheid en wraak as hy nie sy fokus verskuif het vanaf die mense wat hom seergemaak het na die God wat hom kon red nie. Hy het besluit om sy getroue Here te vertrou, wat hom gehoor, gehelp en onderhou het. Hy het gekies om na God te kyk en sy Naam te prys eerder as om homself te bejammer.
Hoe behoort ek te reageer?
Kan jy identifiseer met die pyn van verraad? 'n Medewerker het dalk probeer om sy of haar loopbaan te bevorder deur neerhalende dinge oor jou te sê. Erger nog, 'n familielid of goeie vriend het dalk op een of ander manier jou vertroue verraai. Wanneer daardie gebeure die koers verander wat jy vir jou lewe beplan het, kan ontsteltenis omsit in langtermyn woede en bitterheid. Sal jy nou daardie seer vir Jesus gee? Hy hoor jou gebede en sal getrou wees om jou te help en te onderhou, dit maak nie saak wie teen jou gedraai het nie.
Aangaande hierdie leesplan

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More
Verwante Leesplanne

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Delf dieper deur Romeine

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Voltydse Volharding
