Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 39 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die psalmdigter brei verder uit oor die feit dat niemand besittings kan saamneem as hulle sterf nie.

Wat beteken dit?

Die skrywer van hierdie psalm daag beide die rykes en armes uit met 'n musikale raaisel, en vra hulle om na te dink oor die feit dat mense nie kan betaal om nie dood te gaan nie of betaal om in die hemel te kom nie. Die rykes is nie beter daaraan toe na hulle dood omdat hulle ryk was in hierdie lewe nie. Die vraag wat gevra word is hoekom enige iemand hulle moet kwel oor moeilike tye of mense wat rykdom vergader deur ander mense te kul of te bedrieg. 'n Persoon wat voorspoedig was maar geen geestelike insig het nie, sal as 'n bankrot persoon voor die Here staan. In teenstelling daarmee, het iemand wat 'n persoonlike verhouding met God het, geestelike rykdom besit wat sal voortduur ten spyte van die uitdagings in sy lewe.

Hoe behoort ek te reageer?

Die Bybel sê nie dat dit verkeerd is om geld te hê nie. Gelowiges oor alle geslagte heen het persoonlike rykdom vir die saak van Christus gebruik. Die probleem is dat ons geneig is om meer op geld te vertrou as op God. Jou bankbalans behoort jou minder te bekommer as die gedagte om geestelik bankrot te wees as jy voor die Here te staan kom. Konsentreer jy meer op welvaartskepping in hierdie wêreld as om vir jou skatte in die hemel bymekaar te maak (Matteus 6:19-34)? As God jou finansieel geseën het, hoe gaan jy daardie bronne hierdie week in God se werk belê? Kies — ongeag jou finansiële status — om jou geloof en sekuriteit in God te plaas en nie in dit wat Hy voorsien nie.

Dag 38Dag 40

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org