Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 38 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die psalmdigter prys God as die vesting vir die stad van die Groot Koning.

Wat beteken dit?

Soos die vorige twee psalms, herdenk hierdie hoofstuk die engel van die Here se oorwinning oor die Assiriese weermag (2 Konings 19). Die psalmdigter moedig die ooggetuies aan om noukeurig aandag te skenk aan wat God gedoen het, sodat hulle die verhaal aan die volgende geslag kan oorvertel. Dit vier die feit dat Jerusalem nog staande is en bekendstaan as die stad van God, en dit praat ook profeties oor die hemelse Jerusalem en haar Groot Koning, Jesus Christus (Hebreërs 12:22). Hy vervang vrees met vrede, rouklaag met gejubel en boosheid met sy onfeilbare liefde. Die woorde van die groot oorwinning oor Assirië is 'n spieëlbeeld van die groter oorwinning van die nasies wat die Satan teen die Heilige Stad van God gaan bring. Wanneer Jesus as koning regeer, sal die burgers van die hemel vir altyd veilig woon.

Hoe behoort ek te reageer?

As 'n volgeling van Christus is jou hoof burgerskap in die hemel (Filippense 3:20). Christene behoort die hemel altyd in gedagte te hou, maar ons moet ook heeltyd bewus te wees dat ons nog nie daar is nie. As ons net aan die heerlikeid van die hemel dink, sal ons die lesse en mense mis wat Hy wil hê ons op pad soontoe moet teëkom. Aan die ander kant, as ons net op ons lewe op die aarde konsentreer, sal versoekings ons verlei of ons sal ontmoedig word om Christus te dien. Kom dikwels tot stilstand en dink na oor die lewe in die hemel, prys Jesus as die Groot Koning en begin werk maak daarvan om ander mense na die Lig van daardie hemelste stad te verwys – Jesus Christus.

Dag 37Dag 39

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org