Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 29 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Die goddeloses het geen vrees vir God nie, hulle haat ook nie hulle eie sonde of verwerp wat verkeerd is nie. God se troue liefde is 'n skuiling vir die opregtes van hart, wat Hom ken.

Wat beteken dit?

Vandag se gedeelte kontrasteer diegene wat God ken en dié wat Hom verwerp. Die persoon wat as "goddeloos" beskryf word, is trots op sy menslike natuur. Siende dat hy nie God of sy wette erken nie, is sy enigste maatstaf vir sy gedrag sy eie gedagtes en begeertes, wat sondig is. Eenvoudig gestel — daar is nie reg of verkeerd in sy denke nie. In teenstelling daarmee beskryf Dawid 'n ander persoon as "opreg van hart", wie se gedagtes en dade aan God se gesag onderdanig is. Hierdie persoon maak God se karakter deel van sy lewe en hou aan sy liefde en getrouheid vas vir sy hele bestaan.

Hoe behoort ek te reageer?

Jou siening van God bepaal hoe jou dink en optree. Dink daaraan oor hoe jou reaksies op vandag se gebeure mag verskil indien jou eerste gedagtes God se onveranderende karakter is. Is jy te na gekom? Onthou dan dat God reg sal laat geskied. Kyk na onlangse teleurstellings in die lig van die kennis dat Hy altyd getrou is, al kan ons dit nie nou al sien nie. As jy worstel met 'n sondige gewoonte, kyk na sy troue liefde om vergifnis te kan vind. Indien jy egter kies om God se gesag oor elke gedagte en daad te verwerp, verbeur jy die beskerming en voorsiening wat Hy bied. Wat gaan jy vandag aanhang — jou sondige natuur of die regverdige Here?

Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org