Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Dawid vra vir die Here om dié wat sy goeie dade met slegte dinge terugbetaal het te verneder en beskaamd te laat staan. Hy het daarna uitgesien om die Here openlik te prys omdat Hy reg laat geskied het.
Wat beteken dit?
Psalm 35 is 'n psalm waarin Dawid nie net vir God gevra het om sy vyande te verslaan nie, maar ook om hulle heeltemal te vernietig. Koning Saul se koninklike hof was vol mense wat leuens oor Dawid in Saul se oor gefluister het. Manne wat hy as sy vriende beskou het, het nou die spot met hom gedryf en sy benoudheid vererger. Dis belangrik om te onthou dat Dawid se emosies menslik was, maar in lyn met God se uiteindelike geregtigheid teenoor diegene wat sy doelwitte verwerp. Omdat Dawid God se gesalfde koning was, het hy God se toekomstige doel vir Israel verteenwoordig. Daarom was dit 'n pleidooi dat die Naam van God en sy saak gehandhaaf moes word. Dawid het die onreg aan sy regverdige God uitgewys en het volgens die wil van God gebid dat die goddelose nie oor die regverdige sou triomfeer nie.
Hoe behoort ek te reageer?
As kind het jy heel moontlik "telefoontjie" gespeel. Dis 'n speletjie waar 'n frase in die persoon langs jou se oor gefluister word en dan in 'n sirkel van die een na die ander gefluister word. Die frase wat by die laaste persoon uitkom is gewoonlik verdraaid. Dieselfde vind in 'n mens se lewe plaas. Dit maak nie saak hoeveel ure jy deurgebring het om te praat, te twiet of iets op sosiale media te plaas nie, dis amper onmoontlik om die skade van kwaadwillige praatjies ongedaan te maak. En, as jy vasgevang word in dit wat ander oor jou sê, sal jy heel moontlik nie jou God-gegewe doel nastreef nie. Geestelike gevegte word ten beste met geestelike wapens geveg — gebed en tyd in die Woord van God. Hoe moet jou gebede vir God se beskerming meer soos Dawid s'n in vandag se gedeelte klink? Word jy gemotiveer deur 'n begeerte na geregtigheid of wraak? Is jy meer bekommerd oor jou reputasie of God s'n? Deursoek die Skrif om volgens God se wil te bid en laat dan die saak in sy hande.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More