Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 24 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid het God aangeroep vir leiding en genade terwyl hy God se goedheid en troue liefde geprys het.

Wat beteken dit?

Hierdie psalm spring heen en weer tussen Dawid se uitdrukkings van beide smart en lofprysing. Die oorsaak van sy angs het gewissel tussen sy liggaamlike pyn, sameswering teen sy lewe en sy vriende se verraad. Dawid het op baie terreine van sy lewe rede gehad vir bekommernis en was oorweldig deur emosies. Dawid se vertroue in die Here het egter die tydelike bekommernisse van sy lewe oorskadu. Toe Dawid sy gevoelens aan sy getroue God oorgegee het, het hy weer hoop ervaar.

Hoe behoort ek te reageer?

Op een of ander tydstip in jou lewe het jy dalk hierdie uitdrukking gehoor: "'n Ongeluk kom nooit alleen nie." Dit word gesê wanneer 'n klomp slegte dinge op een slag of na mekaar in jou lewe gebeur. Wanneer dit gebeur raak jou emosies buite beheer en jy raak gou humeurig. Alhoewel God ons met emosies geskep het, het Hy nooit bedoel dat dit ons moet beheer nie. Watter gevoelens moet jy nou op hierdie oomblik aan die Here oorgee — bekommernis, woede, vrees, jaloesie? Wanneer jy jou vertroue in die Here plaas om jou in elke situasie te help, sal jou emosies jou nie meer beheer nie en sal jy weer standvastig wees in jou hoop.

Dag 23Dag 25

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org