Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Eer die Here want sy Naam verdien dit. Aanbid die Here in die sieraad van sy heiligdom. Hy sit vir ewig as koning op die troon en gee aan sy mense krag en vrede.
Wat beteken dit?
Dawid het seker hierdie psalm geskryf nadat hy 'n donderstorm oor die see sien aankom het. Die donderweer en blitse het God se majesteit vertoon en Dawid tot stilstand gebring om sy Skepper te aanbid te midde van die storm se verwoesting. Hy was in verwondering toe die wind en reën uiteindelik opgehou het. Dieselfde God wat in die dae van Noag in beheer van die vloed was, het hierdie storm geskep. Dawid het vrede gevind te midde van die storms in sy eie lewe en krag om die God te dien wat oor alles geheers het.
Hoe behoort ek te reageer?
Daar is baie redes hoekom ons God regdeur die dag behoort te prys en te aanbid. Sy krag en majesteit is duidelik sigbaar in so baie aspekte van sy skepping en gee vir ons 'n lewende voorbeeld van hoe Hy in ons daaglikse lewens werk — net soos Dawid in die storm gesien het. Watter uitsig oor God se skepping het jy vandag vanuit jou huis-, kantoor- of skoolvenster? Aan watter aspekte van sy karakter herinner dit jou om Hom voor te prys? Ons kan vertroosting, krag en vrede vind omdat ons weet dat ons dieselfde God dien wat die wonders van die natuurlike wêreld geskep het en daaroor heers. Hoe gaan jy vandag die Koning aanbid?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More