Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Wat staan daar geskrywe?
Dawid het God se aangesig gesoek, Hom gevra om nie meer stil te wees nie en toe gewag. Hy was nie bang nie want hy het op God vertrou om sy lig, verlossing, skild en beskutting te wees.
Wat beteken dit?
Dawid was baie jare lank in gevaar om sy lewe te verloor aan die hand van sy veelvuldige vyande, insluitend sy eie familie. Die vrees om met sulke aanhoudende gevaar te leef, moes soms aftakelend gewees het. Wanneer die lewe soos 'n eindelose nag daar uitgesien het, het Dawid die aangesig en stem van sy hemelse Vader gesoek. God het Dawid se vrese verdryf deur lig in die duisternis te bring en Dawid die krag te gee om te wag. Waar hy ook al geskuil het, was sy veilige plek en vertroue in die teenwoordigheid van die Here, sy Rots en sy beskutting.
Hoe behoort ek te reageer?
Kinders wat in die middel van die nag bang is, vind vertroosting as hulle na hulle ouers se bed toe hardloop. Die gesig en stem van diegene wat hulle die meeste liefhet, sal gewoonlik hul vrees verdryf. Wat maak jou bang? Na wie toe hardloop jy as die duisternis oneindig voorkom? Die teenwoordigheid van God die Vader is net 'n fluistering ver. Sy stem word duidelik in die Skrif gehoor en sy vertroostende teenwoordigheid kom wanneer jy bid. God sal jou lig, krag, skild, hulp en beskutting wees, in enige omstandigheid wat jy vandag in die gesig staar. Sal jy nou dadelik na Hom toe gaan met jou vrees?
Aangaande hierdie leesplan

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More
Verwante Leesplanne

Ervaar jy die volheid van die Heilige Gees?

Mosaiek Lydenstydgids: Jesus se vrae in lyding

Ek Kán My Wêreld Verander Deur My Storie

Staan weer op

Delf dieper deur Romeine

Terugkeer na God: 21 Dae van Vas en Gebed

Sy Glorie, My Storie: 'n Studie Van Sy Heerlikheid in Hebreërs

BibleProject | Hemel en Aarde op die Berg

Voltydse Volharding
