Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Dawid het sy vertroue en hoop deurentyd op die Here gerig toe sy probleme en vyande vermeerder het.
Wat beteken dit?
Die treurige gebeure wat Dawid aangemoedig het om hierdie psalms te skryf, blyk die verraad van sy seun Absalom (Psalm 25) en 'n hongersnood of plaag (Psalm 26) te wees. Dawid se versoeke aan God en die gevolgtrekkings waartoe hy gekom het oor sy probleme, onthul 'n opregte lewe, 'n vertrouende geloof en 'n liefdevolle, getroue Here. Alhoewel hy God gevra het vir regverdiging, is die meerderheid van hierdie gebede gefokus op Dawid se begeerte om rein te bly voor die Here, terwyl hy vir Hom wag om op te tree. Hy kon die Here openhartig prys en vas staan ten spyte van sy omstandighede, omdat hy eers vir die Here die volgende gevra het: “Maak my u wil bekend, Here, leer my u paaie. Laat u waarheid my lei en onderrig my daarin.”
Hoe behoort ek te reageer?
Hoe bid jy as daar probleme in jou lewe kom as gevolg van iemand anders wat gesondig het? Wat daarvan as die natuur moeilikheid veroorsaak wat buite enige iemand se beheer is? Wanneer uitdagings hierdie week oor jou pad kom, bid eerstens oor jou persoonlike reaksie op die saak. Vra vir God om sy wil aan jou bekend te maak, jou sy paaie te leer en jou in die waarheid te lei — voordat jy jou energie en emosies op die persoon of die probleem fokus. Die realiteite van die lewe beteken dat 'n ander uitdaging gewoonlik op die horison wag sodra ons huidige kwessie opgelos is. Dit wat onveranderd bly is ons behoefte aan God se leiding en rigtingwysers. Wat sal jou gebedslewe hierdie week oor jou lewe, jou geloof en jou Here onthul?
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More