Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Wat staan daar geskrywe?
Dawid beskryf die Here as sy Herder en sien hoe hy vir ewig in die huis van die Here tuis is.
Wat beteken dit?
Dis interessant dat Dawid, 'n skaapwagter, hierdie psalm skryf uit die oogpunt van 'n skaap. Jare van skape oppas het getoon hoe baie hy soos die dom diere was waarvoor hy gesorg het. Skape neig om af te dwaal. 'n Skaapwagter gebruik sy staf en stok om die skape teen wilde diere te beskerm en hulle terug te bring wanneer hulle afdwaal in gevaar in. Skape is ook volgelinge, wat 'n goeie ding is, solank hulle na die stem van die skaapwagter luister. Hy lei hulle na kos en water, veilige plekke om te rus en deur diep valleie. Dawid het nie die moeilike tye van die Here se liefde en goedheid uitgesluit nie; dit was in sulke tye dat hy ophou praat het óór die Here en mét Hom begin praat het. As deel van die Here se trop skape, was Dawid voorsien van bevrediging, rigting en beskerming.
Hoe behoort ek te reageer?
Hierdie welbekende gedeelte is 'n voorafskadu van Jesus Christus as die Goeie Herder (Johannes 10:11-15). Dit herhaal ook hoeveel ons in gemeen het met die eienskappe van skape. Volg jy of dwaal jy af? Is Hy tans besig om jou na 'n tyd van rus te lei of deur 'n diep, donker vallei? Die Goeie Herder sal jou bevrediging, rigting en beskerming gee, maar jy kan nie die Here as jou Herder sien tensy jy jou aan Hom as jou Verlosser oorgegee het nie. Jesus sal jou nooit deur 'n plek lei waar Hy nie vir jou kan sorg nie. Onthou, die vallei is nie die bestemming nie — dis tydelik. Hy lei jou uiteindelik om vir ewig by Hom te gaan bly. Hou aan luister na sy stem … hou aan om Hom te volg.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Worship: A Study in Psalms](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F32323%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More