Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 17 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid het na die Here uitgeroep vir verlossing van bose manne en het Hom geprys dat Hy geluister het. Toekomstige geslagte sal die Here aanbid en sy geregtigheid verkondig.

Wat beteken dit?

Psalm 22 is die eerste van drie "herderpsalms" wat die aardse bediening van Jesus beskryf. Terwyl hy oor sy eie lyding gebid het, het Dawid die kruisiging, opstanding en toekomstige heerskappy van Christus beskryf. Die vervulling van die profesie in vers 18, deur Romeinse soldate, is van besondere belang, want dit word in al vier evangelies vermeld (Matteus 27:35; Markus 15:24; Lukas 23:34; Johannes 19:23-24). Die laaste vyf verse is vervul, word vervul en sal nog vervul word, want elke geslag moet hoor dat die Goeie Herder sy lewe afgelê het vir sy skape (Johannes 10:11).

Hoe behoort ek te reageer?

Het jy daaraan gedink dat jy alreeds deel was van die vervulling van hierdie profesie, terwyl jy hierdie gedeelte gelees het? Op 'n stadium was jy deel van die "toekomstige geslagte wat van die Here gehoor het." Hoe het jy op die goeie nuus gereageer dat die Goeie Herder sy lewe vir jou gegee het? Indien jy gekies het om Hom te volg, vervolg jou aandeel in hierdie profetiese gedeelte in vers 31: “Die nageslag sal Hom dien, en hulle sal van die Here vertel aan die volgende geslag.” Dit is die verantwoordelikheid van elke geslag van gelowiges om die verhaal van Jesus aan die volgende geslag oor te dra. Hoe sal jy vandag doelbewus die Naam van die Here verkondig?

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org