Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die dwaas sê daar is geen God nie en wend hom dus tot korrupsie en doen niks wat goed is nie. Maar die regverdige persoon wandel saam met die Here en word nie verontrus nie.
Wat beteken dit?
Hierdie twee psalms skets vir ons die karakters van teenoorgestelde individue. Die dwaas in Psalm 14 verwys na 'n immorele persoon en nie soseer iemand wat nie verstandelik skerp is nie. Dit beklemtoon dat almal met sonde bevlek is en dat boosheid altyd na vore sal kom wanneer God se gesag nie erken word nie. Die persoon in Psalm 15 is aan die teenoorgestelde kant van die skaal en verlang bo alles om deurentyd in die teenwoordigheid van die Here te leef. Daar is geen tekens van sonde in sy woorde of optrede teenoor ander nie, selfs nie sy vyande nie. Die enigste persoon wie se karakter aan hierdie beskrywing voldoen, is die Here Jesus self.
Hoe behoort ek te reageer?
Immoreel of onberispelik … die meeste van ons sal onsself beskryf as iewers in die middel. Jesus het egter niemand geroep om 'n louwarm Christelike lewe te lei nie. Hy het inderwaarheid sy volgelinge geleer om dieselfde lewe te leef wat in Psalm 15 beskryf word (Matteus 5 tot 7). Om onberispelik in God se oë te wees, beteken nie dat jy perfek is nie, maar as 'n volgeling van Christus behoort jou lewe dieselfde karaktereienskappe te openbaar as wat Hy gehad het terwyl Hy op aarde was. Aan watter kwaliteite in Psalm 15 moet jy meer aandag gee? Terwyl jy vandag na die Heilige Gees luister, besluit om nie tevrede te wees met 'n louwarm lewe nie.
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More