Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Dawid het die raad en erfenis van die Here gekies bo ander gode.
Wat beteken dit?
Terwyl hy van Saul af gevlug het, het Dawid twee geleenthede gehad om Saul se lewe te neem, maar hy het gekies om dit nie te doen nie. Beide kere het Saul tydelik padgegee. Dawid het hierdie psalm heel moontlik tydens so 'n blaaskans geskryf. As gesalfde koning kon Dawid die troon van Israel vir homself geneem het. Sommige kon dalk voorgestel het dat hy antwoorde gesoek het deur offers aan ander gode te bring, maar indien hy die Here sou verlaat sou dit slegs sy probleme vererger. Dawid het die Here se raad gevolg, selfs toe hy deur lyding gegaan het op pad na die troon. God het Dawid nie verlaat nie en Dawid sou nie sy Here verlaat nie. Moeilike tye het Dawid laat besef dat hy niks van waarde gehad het buiten die Here nie.
Hoe behoort ek te reageer?
Die lewe draai selde uit soos ons in ons jeug voorsien het. Watter planne het skeefgeloop en jou teleurgesteld gelaat? Of jy op enige gegewe tyd vergenoegd voel of nie, het meer met jou perspektief te doen as die werklike omstandighede. Fokus jy op wat God nog nie gedoen het nie, of op wat Hy alreeds so genadiglik vir jou gedoen het? Dis net die Here se vertroosting en krag wat ewigdurende bevrediging kan bring, ondanks die probleme wat jy ondervind. Sal jy saam met Dawid as volg sê: "Ek behoort aan U, daar is vir my niks goeds nie behalwe by U”?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More