Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 9 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid het skuiling gevind by die Here, wie regverdig heers vanaf sy hemelse troon.

Wat beteken dit?

Dawid het hierdie psalm geskryf terwyl hy in koning Saul se koninklike hof diens gedoen het, nadat hy Goliat verslaan het. Gedurende daardie jare het Saul, gedryf deur jaloesie en vermoedens, probeer om Dawid op talle geleenthede dood te maak. Almal het vir Dawid dieselfde raad gegee: "Hardloop weg!" Al was die situasie benard, was Dawid presies waar God hom geplaas het. Dawid sou ongehoorsaam teenoor God wees indien hy sou weghardloop. In plaas daarvan het hy sy lewe in die hande van God geplaas. Hy het gekies om die Here te vertrou soos hy nog altyd gedoen het. Omdat Dawid gekies het om regverdig te leef, was sy regverdige God aan sy kant.

Hoe behoort ek te reageer?

Wat veroorsaak dat jy wil tou opgooi? Het dinge by die werk of in jou kerk begin agteruit gaan? Het vriende jou aangeraai om pad te gee voor dinge regtig aaklig word? Dis instink om vinnig weg te gaan voordat enige iets ongemaklik raak of moedeloosheid veroorsaak. Soms mag God jou vra om situasies te weerstaan wat bo menslike redenasie is. Daar is net een rede vir 'n kind van God om van rigting te verander — gehoorsaamheid aan God. Net so is die hoofrede vir Christene om te bly waar hulle is, die wete dat God hulle daar geplaas het en hulle nog nie gevra het om te gaan nie. Sal jy in beide gevalle op God vertrou en die rigting van jou lewe in sy hande plaas? Wat vra Hy jou vandag om te doen?

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org