Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 2 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Alhoewel talle vyande hom agtervolg het, het Dawid op God vertrou om sy verlosser te wees. Hy kon rustig slaap omdat hy na die Here gekyk het wat genadig en regverdig is.

Wat beteken dit?

Dawid was op vlug van sy verraderlike seun Absalom, wat nie net sy pa se troon gesteel het nie, maar hom ook wou doodmaak. Te midde van drastiese omstandighede was Dawid se hart rustig genoeg om 'n goeie nagrus te kry. Hoe so? Hy het geweet dat hy aan God se kant was en het vertroue gehad in God se vermoë om hom te red. Toe hy gaan lê het vir die aand, het Dawid vir verligting gebid en gefokus op dit wat hy geweet het waar was — sy regverdige en genadige God luister na en beskerm sy mense. 'n Laagtepunt in die koning se lewe het 'n geleentheid geword om die volgehoue teenwoordigheid van sy Here te ondervind.

Hoe behoort ek te reageer?

Bekommernis en wanhoop kan jou van broodnodige rus beroof. Te midde van 'n slapelose nag kan jy óf op die kwessie bly fokus wat jou wakker hou óf jy kan met die Een praat wat jou en jou probleem die beste ken. Sê vir God hoe jy voel, soek redes om dankbaar te wees en prys Hom vir aspekte van sy karakter wat gepas is in jou situasie. Gee dan jou angstigheid vir Hom en aanvaar gewillig wat Hy doen. Die vrede van God is nie iets wat na gelang van omstandighede verander nie, maar is die gevolg van onwrikbare vertroue in sy karakter (Filippense 4:6-8).

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org