Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 5 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid doen 'n beroep op God om sy hart en gedagtes te deursoek — sowel as dié van sy vyand — en dan 'n regverdige oordeel te vel. Hy dank en prys die regverdige Allerhoogste.

Wat beteken dit?

Dawid het hierdie psalm geskryf in antwoord op iets wat 'n Benjamiet, genaamd Kus, oor hom gesê het. Dit word nie vermeld nie, maar Kus was heel moontlik 'n lid van Saul se koninklike hof, wat die koning se kop met allerhande leuens oor Dawid gevul het (1 Samuel 24:10). Siende dat niks vir God weggesteek kan word nie, het Dawid Hom gevra om elke man se motief te openbaar en die waarheid te onthul. Hy het God vertrou as die regverdige Heerser en Regter van almal. Wat Hy ook al sou besluit om te doen of nie te doen nie, sou reg wees. Hy het dit in God se hande gelos, wat reg optree teenoor almal.

Hoe behoort ek te reageer?

Jy sal heel waarskynlik jou hele lewe lank met moeilike mense te doen kry. Hoe vergelyk jou reaksie teenoor sulke mense met Dawid s'n in vandag se Skrifgedeelte? As 'n beskuldiging gemaak is, vra God nederig om jou te wys of enige deel daarvan op die waarheid gebaseer is. Vra Hom om jou hart te deursoek om agter te kom of jy blind is daarvoor en los dit dan by die Here. Dit beteken nie jy moet nooit weer daaroor bid nie, maar jou gebede behoort 'n nederige erkenning te wees van wie God is — die Allerhoogste, die regverdige Regter. Enige iets wat Hy besluit, is reg. Oor watter situasie of verhouding moet jy nou dadelik bid en dit dan in God se regverdige hande los?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org