Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Die Here se naam is meer majestueus as enige iets op die aarde wat werd is om geprys te word. Bepeins die wonder van God se skepping — hoekom het hy die mens met aansien en eer gekroon en sien Hy na ons om?
Wat beteken dit?
Al het Dawid net 'n effense kykie na die uitgestrekte natuur van ons heelal gehad, het hy onbeduidend gevoel toe hy na die wêreld om hom gekyk en aan die God gedink het wat dit alles met sulke detail en presiesheid geskep het. En tog het hierdie ontsagwekkende God mense gemaak, hulle laat regeer oor alles wat Hy gemaak het en aandag gegee aan hulle lewens. Uit al die lewende wesens wat Hy gemaak het, hoekom sou Hy so noukeurig aandag gee aan die mensdom? Anders as voëls, visse en skape, is mense as die beeld van God geskape. Net mense is in staat om 'n verhouding met die Here te hê. Dit gee ons genoegsame rede om sy heerlikheid te herken en sy voortreflike, majestueuse Naam te prys.
Hoe behoort ek te reageer?
Hoe langer jy iets het, hoe meer geneig is jy om dit as vanselfsprekend te aanvaar. Afhangende van waar jy woon, mag jy dalk gereeld mooi berge, uitgestrekte vlaktes of die groot oseaan op die horison sien. Wanneer laas het jy gestop om na te dink oor wat jy sien? Beplan om hierdie week in die berge te gaan stap, kyk na die sonsopkoms of -ondergang of staar na die sterre. Lees dan Psalm 8 as 'n daad van aanbidding. Jy sal daardie plek heel waarskynlik verlaat met 'n nuwe gevoel van bewondering en 'n hernude waardering vir jou verhouding met 'n ontsagwekkende God.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More