Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld
Wat staan daar geskrywe?
Nadat Dawid heelnag gehuil het, het hy vir God gevra vir uitkoms en herstel van sy afgetakelde liggaam. God het Dawid se hulpgeroep gehoor.
Wat beteken dit?
Die eerste boetepsalm maak melding van die angs wat gepaardgaan met die besef van die volle gewig van sonde. Die besef kom deur middel van die oortuiging van die Heilige Gees. Die spesifieke sonde word nie in hierdie ongedateerde psalm vermeld nie, maar die algemene denke is dat dit in die tydperk was toe Urija vermoor is, nadat Dawid owerspel gepleeg het met Batseba. Dawid se woorde dui daarop dat God toegelaat het dat hy aan 'n ernstige siekte ly voordat hy berou getoon het. Terselfdertyd het sy vyande probeer om hom dood te maak. Die fisieke en geestelike worsteling was so geweldig dat Dawid heelnag gehuil het — soveel so dat hy nie behoorlik kon sien nie. Hy wou God graag met 'n skoon gewete aanbid en die intimiteit van hulle verhouding herstel. God se genade was Dawid se enigste versekering dat God sy gebede sou beantwoord en dieselfde soort oortuiging aan sy vyande bring.
Hoe behoort ek te reageer?
Te dikwels voel ons nie die volle gewig van ons sonde nie. Dit voel dalk in ons gees meer soos 'n speldeprik as 'n oop wond. Ons is meer geneig om trane te stort oor die nagevolge van sonde as oor die invloed daarvan op ons daaglikse wandel met Christus. Dalk voel ons selde die worsteling wat in hierdie psalm beskryf word omdat ons eerstens nie 'n innige verhouding met die Here het nie. Watter sonde is daar nou in jou lewe wat God hartseer maak? Moet dit nie as gering beskou nie; draai om en loop dit tromp-op. Laat toe dat die oortuigingskrag van die Heilige Gees die pad wees wat jou terugneem na 'n blywende verhouding met Christus. Sal jy Psalm 6 vandag jou persoonlike gebed maak?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.
More