Aanbidding: 'n Studie in PsalmsVoorbeeld

Worship: A Study in Psalms

DAG 3 VAN 106

Wat staan daar geskrywe?

Dawid het by die Here skuiling gevind en verwag dat Hy sy gebede sal antwoord.

Wat beteken dit?

Toe Dawid hierdie psalm geskryf het, het hy vir Saul weggekruip, wat gedink het Dawid wou sy troon oorneem. Elke oggend het Dawid God se hulp gevra, gefokus gebly op God se karakter en God se redding verwag. Hy het dinge omtrent God geleer deur moeilike tye heen, dinge wat Hy nooit andersins sou geleer het nie. Dawid se aanvaarding van God se oppermag en tydsberekening het 'n natuurlike deel van sy lewe geword. Hierdie tydperk het sy kennis en afhanklikheid van God vermeerder, en hom gevorm tot die man wat Israel se grootste en mees geliefde koning geword het.

Hoe behoort ek te reageer?

God weet alreeds van elke moeilikheid waarvoor jy te staan kom. Nogtans is dit belangrik om elke situasie in gebed na Hom te neem want dit laat jou geloof groei en vermeerder jou afhanklikheid van Hom. Jy sal dalk die drang moet weerstaan om sake in jou eie hande te neem terwyl jy wag, want manipulasie het geen plek in die lewe van 'n gelowige nie. Kies eerder om die karakter te vertrou van die Een in wie jy jou geloof geplaas het. God sal sy kinders seën, beskerm en guns betoon al lyk dit dikwels nie soos ons verwag dat dit moet lyk nie. Net soos in Dawid se geval, gebruik die Here dalk hierdie wagperiode om iets in jou hart en karakter te doen wat op geen ander manier kan gebeur nie.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Worship: A Study in Psalms

Die psalms is 'n versameling van gedigte en liedere wat meer as 1 000 jaar gelede geskryf is. Psalms bevat uitbundige lofprysing en treurige klaagliedere en die hele boek getuig van God se getroue liefde teenoor sy mense in elke omstandigheid. Dit vorm die middelpunt van aanbidding in die Ou Testament en elke psalm is vol verwagting vir die hoogtepunt van God se lof wat in die dood en opstanding van Jesus Christus plaasvind.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org