PSALMS 126:1-6

PSALMS 126:1-6 AFR83

'n Pelgrimslied. Toe die Here die lot van Sion verander het, was dit vir ons soos 'n droom. Ons het gelag en gesing. Onder die nasies het hulle gesê: “Die Here het groot dinge aan hierdie mense gedoen.” Die Here hét groot dinge aan ons gedoen; ons was bly. Verander tog ook nou ons lot, Here, soos U droë spruite in die Suidland in waterstrome verander. Wie met trane saai, sal die oes met gejuig inbring. Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra.