Om Dankbaarheid te KiesVoorbeeld

Choosing Gratitude

DAG 10 VAN 10

Dag 10: Vir Buitengewone Liefde 

As Christen dink ons nie dat God ons sal liefhê omdat ons goed is nie, maar dat God ons goed sal maak omdat Hy ons liefhet.

— C.S. Lewis

Sal jy omgee om die verstommende aanhaling van C.S. Lewis nog een keer te lees? Ek is heeltemal bereid om te wag.

Dankie. Laat dit jou diep binnedring. Die aanhaling laat my stom oor wie God is.

Ek dink ons kan almal saamstem dat ons redelik vol foute is. Pragtig, maar gebroke. Geesdriftig, maar sondig. Ons tree nie altyd korrek op nie.

God is nie geskok omdat ons nie korrek optree nie. Ons is soms jaloers, maak ander seer, is onbeskof en bedrieglik – te veel van die een en nie genoeg van iets anders nie. Ons is impulsief, skree en is gemeen. 

Ja.

Hy het ons nie lief omdat ons goed is nie.

Hy ís net lief vir ons. Punt. Dit is voorwaar buitengewoon. Sonder om iets terug te verwag. 

Hy het jou geskape en is lief vir jou, Hy ken jou tekortkominge, en is ons nie daaroor dankbaar nie? Ek is dankbaar die Koning is nie in 'n skoktoestand nie, maar vol genade. Hy is ook nie geskok omdat hy die volle verhaal ken nie. Hy het dit begin en Hy weet hoe dit gaan eindig. Jou en my verhaal.

Met die kennis van JOU volle verhaal, het Hy gekom. 

Hy het gekom as 'n baba, klein en hulpeloos. Hy het nederig en sag in ‘n onwelriekende stal gekom. Om met ons te wees. Vir ons. Hy het gekom om by ons te wees omdat Hy ons geskape het en liefhet, en aan ons kant is.

Ek kan daaroor dankbaar wees. Dankbaar, want sy arms is groot, wyd oop en gereed vir ons. Ons kan na Hom toe gaan, Hom alles en enigiets meedeel, sê dat ons Hom nodig het, en Hy sal daarop antwoord … Ek ook.

Vader God, dankie dat u liefde ongelooflik is. Dankie dat U ons sien en liefhet. U sien ons verlede en is lief vir ons. U sien ons tans en is lief vir ons. U sien wat ons kan word en is lief vir ons. Dankie dat u liefde onvoorwaardelik is. Dankie dat u liefde uitspel dat U VIR ons is. U liefde hang van niks anders af as U nie. Dankie vir u buitengewone liefde. 

Vader God, in my gebrokenheid en verwardheid kom ek na U toe met dankbaarheid teenoor U, en met dankbaarheid vir alles wat U gee. Amen. 


Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Choosing Gratitude

Daar is so baie van ons wat gefrustreerd, angstig en met 'n gevoel van oorweldiging lewe. Ons hoef nie so te lewe nie. Nuwe gewoontes kan gevorm word. Nuwe hoop kan gevind word. Vreugde is net om die draai. Hoe kom ons daar? Die geestelike oefening van dankbaarheid is dikwels die verlore sleutel om die hoop, vreugde en prag rondom ons te ontsluit.

More

Ons bedank graag vir Amy Seiffert wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief http://www.amyseiffert.com/