Om Dankbaarheid te KiesVoorbeeld

Choosing Gratitude

DAG 1 VAN 10

Dag 1: Vir Ons Tuisspan

Almal het 'n tuisspan: Dit is die mense vir wie jy bel as jy 'n pap wiel kry of as iets verskrikliks gebeur. Dit is die mense, verwant of nie verwant aan jou nie, wat van alles weet wat in jou lewe verkeerd is, en jou steeds lief het. Hulle is diegene wat hulle geheime vir jou vertel en in jou huis hulself met 'n glas water help sonder om te vra. Dit is die mense wat saam met jou huil. Dit is jóú mense, jou middel-in-die-nag mense, maak-nie-saak-wat-nie mense. − Shauna Niequist

Kom ons begin voorbeelde opnoem, in geval dankie sê nikswerd, alledaags en teësinnig voel.  

Daar is sekerlik tye toe ek geweier het om anders te dink en alles as nadelig beskou het. Ek het almal en alles vir elke omstandigheid blameer. Daardeur het ek vreugde gesteel in plaas daarvan om dankbaarheid te betoon.

Hou moed, vriend! Daar is baie vreugde wat versteek lê wat ons moet ontdek. Tesame. 

Kom ons begin met ons ondersteuningstelsel, ons tuisspan, "All-Ins" (soos Shauna Niequist dit noem). Hierdie mense is die soet vir die siel.

Ek is bereid om te wed dat ons nog 'n ander persoon kan opnoem. Waarskynlik twee of drie, of dalk soveel as vyf of ses mense wat ons GOEDGESIND is. Hulle is ons goedgesind vir al die regte redes. Is dit nie iets om oor dankbaar te wees nie? Vir die ander wat ons onsekerhede, ons trane, ons lag, ons vasbyt en baklei, en ons oorwinnings en verliese ken. Steeds, ja STEEDS, het hulle ons lief.

Die eerste twee of drie persone wat dadelik in jou gedagtes opgekom het, woon dalk langs jou of regoor die land. Wat ook al die situasie mag wees, ons is dankbaar. Neem 'n paar minute en stuur 'n boodskap, of doen iets BUITENGEWOONS. Kry 'n seël in die hande, skryf 'n kort briefie om hulle te vertel hoe dankbaar jy vir hulle is en pos dit.

Vertel hulle jy is dankbaar dat hulle jou aan die werklikheid herinner. Vir hulle genade. Vir hulle hoop. Vir hulle aansporing. Vertel hulle hoe baie jy die tyd geniet het toe jy so lekker gelag het dat jou taco's met visvulsel uit jou mond geval het. Vertel hulle hoekom jou kinders na hulle as "Oom" en "Tannie" verwys, al is hulle (die kinders) nie familie van julle nie. Vertel hulle dat hulle vir jou kosbaar is. Vertel hulle spesifiek, wat jy in hulle raaksien en hoekom hulle vir jou 'n egte GESKENK is. 

Ons tuisspanne is voorwaar geskenke. Laat ons daaroor dankbaar wees. Die verlange na betekenisvolle verbintenis met ander is doelbewus in elkeen van ons se wese ingeskape. Wanneer ons dáárdie vriende vind, dáárdie broers en susters, dáárdie geskenke — dan vind ons 'n skat wat 'n rede is om fees te vier en dankbaar te wees. Kom ons drink 'n heildronk op ons tuisspan!

Vader God, dankie vir my tuisspan. Vir hulle wat binnekom sonder om te klop en saam met my op die vloer sit. Hulle wat my vertel iets is moeilik, belaglik en oordrewe. Hulle wat my dryfkrag gee deur net te wees wie hulle is en wat ons saam beleef het, asook waardeur hulle moes vasbyt en worstel. Dankie vir vriendskappe wat ons laat voel asof ons broers en susters is, en liefde wat veilig en opgeruimd is en jou gemaklik laat voel. Dankie, vir hulle wat sommer net maklike mense vir ons is.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Choosing Gratitude

Daar is so baie van ons wat gefrustreerd, angstig en met 'n gevoel van oorweldiging lewe. Ons hoef nie so te lewe nie. Nuwe gewoontes kan gevorm word. Nuwe hoop kan gevind word. Vreugde is net om die draai. Hoe kom ons daar? Die geestelike oefening van dankbaarheid is dikwels die verlore sleutel om die hoop, vreugde en prag rondom ons te ontsluit.

More

Ons bedank graag vir Amy Seiffert wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief http://www.amyseiffert.com/