Om Dankbaarheid te KiesVoorbeeld

Choosing Gratitude

DAG 8 VAN 10

Dag 8: Vir Dinge Wat Ons Vanselfsprekend Aanvaar

Mense vra my gereeld hoe ek dit regkry om gelukkig te wees ten spyte daarvan dat ek nie arms en bene het nie. Die vinnige antwoord is dat ek 'n keuse het. Ek kan kwaad wees omdat ek nie ledemate het nie, of ek kan dankbaar wees omdat ek 'n doel het. Ek kies dankbaarheid.

— Nick Vujicic

Vir my, is geloof in Jesus Christus wat nie die armes insluit nie ... nutteloos.

— Bono, sanger-liedjieskrywer en filantroop

Alles wat ek vanoggend voor agtuur gebruik, geëet of geniet het, was 'n luukse. 

Ek het wakker geword en deur middel van binnehuis-loodgieterswerk toegang tot die gebruik van lopende water en ‘n skoon toilet gehad. Ek het my sportskoene en skoon, goed-passende klere aangetrek. Ek het elektrisiteit gebruik en koffiebone gemaal (om eerlik te wees, my man het dit gedoen, want ek KRY DIT NET NIE reg nie) en vars koffie geniet. Ek was in 'n warm huis, het 'n gesonde liggaam, ‘n gesonde man en drie gesonde kinders, en 'n huis waar liefde die fondament vir ons huwelik en ons kinders is.

Water. Loodgieterswerk. Skoene. Hitte. Liefde. Klere. Vryheid. Gesondheid.

Dit is net hoe my dag begin het.

Vriende, vandag se oordenking is nie om skuldig te begin voel nie; dit is steeds om in dankbaarheid te groei. Dit is om die genade en guns om ons, by ons, in ons eie huise raak te sien – en om dankie te sê. Ek glo dankbaarheid gee aanleiding tot ander pragtige dinge: om mededeelsaam, diensbaar, liefdevol, innemend, sorgsaam, opofferend, medelydend, toegeeflik en ondersteunend te wees.

Dankbaarheid is 'n hartsaak; dit het te make met ‘n hart wat oop, nederig en verbind is tot mededeelsaamheid en gee. Dit is onmoontlik vir ons om inhalig te wees as ons dankbaar is. Ons hande, harte en lewens is oop. 

Wat as ons vandag, net vandag, dankie fluister vir alles wat ons vanselfsprekend aanvaar? Om "dankie vir hierdie" te fluister terwyl ons elke skoenveter vasmaak. Om "dankie vir koffie" in en uit te asem terwyl ons ‘n slukkie koffie neem. Om “dankie vir water" te prewel terwyl ek met skoon warm water stort wat van my gesig afdrup.

Dalk kom ons dwaas voor, maar sou ons nie eerder dwaas en dankbaar, as verstandig en verwaand wees nie? Dalk is dit net ek. Ek wed egter dit is nie so nie. Ek dink regtig julle groep dink dieselfde as ek. 

Waar jy ook al hierdie nou lees, kan jy die gerief om jou sien, jy kan genade naby jou beleef, en jy kan opmerk dat liefde jou omring. Elke dag, van konkrete dinge soos lepels, brood en skoene tot abstrakte liefde, vrede en geluk. Rykdom is ons realiteit en dankbaarheid is ons reaksie daarop. 

In watter areas van ons lewens kla ons die meeste? Wanneer ons dankbaarheid DAAROOR in en uit asem, sal ons lewe DAARIN blaas. Klaery lei ons na doodloopstrate; dankbaarheid lei ons op paaie van lewensvreugde. 

Vader God, dankie vir skoene. Vir hitte. Vir water. Vir gesonde longe en hoopvolle harte. Help ons dat ons dankbaarheid sal oorloop na genade en goeie dade. Verlos ons van skuldgevoelens en skaamte, en skenk ons eerder genade, vreugde en dankbaarheid vir wat ons het. Leer ons dan om ons vryheid te gebruik om ander te seën en ons rykdom met ander te deel. Wys ons wat U wil hê ons vandag voor dankbaar moet wees. Wys ons wat U wil hê ons aan ander moet gee. Wys ons dié wat in nood is. Wys ons hoe om te help vanuit ons oorvloed. Ons oorvloed van skatte, tyd en talente. U is 'n goeie Vader vir almal. 

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Choosing Gratitude

Daar is so baie van ons wat gefrustreerd, angstig en met 'n gevoel van oorweldiging lewe. Ons hoef nie so te lewe nie. Nuwe gewoontes kan gevorm word. Nuwe hoop kan gevind word. Vreugde is net om die draai. Hoe kom ons daar? Die geestelike oefening van dankbaarheid is dikwels die verlore sleutel om die hoop, vreugde en prag rondom ons te ontsluit.

More

Ons bedank graag vir Amy Seiffert wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief http://www.amyseiffert.com/