Om Dankbaarheid te KiesVoorbeeld

Choosing Gratitude

DAG 7 VAN 10

Dag 7: Vir Diegene Wat Onderrig Gee

Die voorbeeld wat ‘n onderwyser stel, is belangriker as dit wat hy onderrig.

— Karl A. Menninger

'n Onderwyser se invloed het ewigheidswaarde; hy kan nooit met sekerheid sê waar sy invloed ophou nie.

— Henry Adams

Vandag is die dag om dankie te sê vir diegene wat onderrig gee. Sonder twyfel, vir AL die onderwysers. Ek is lief vir julle. Ek is onseker hoe julle julle taak verrig. Dit is werklik vaardighede waaroor ek nie beskik nie. Ek gaan net eenkant staan en aan julle vrye teuels gee. Ek is lief vir julle!

Nou ja, onderwysers. Ingesluit is diegene wat ons so baie geleer het en nie die titel daarvoor het nie. Hulle werk onder spesiale benaminge: Afrigter, Pappa, Mentor, Pastoor, Buurman, Mamma, Bestuurder, Suster, Vriend, Berader ... ek glo jy verstaan dit. Ons word onderrig deur eenvoudig net in hulle nabyheid te wees. Ons neem optredes waar wat ons ons eie wil maak. Ons sien dat hulle kreatiewe oplossings vir onhanteerbare kinders, onhanteerbare emosies en onhanteerbare omstandighede het. 

Gisteroggend, tydens die gewerskaf om ontbyt met roosterbrood, jogurt en muesli vir my vyf mense voor te berei, hoor ek die volgende: "Belinda, gee hier, ek kan jou wys hoe om dit te doen. Jy moet die veter só vasmaak. Mag ek jou wys hoe om dit te doen?

Ouboet het kaplaks langs die middelste sussie in die gesin (wat, soos ek verstaan, SÓ irriterend is) gaan sit, en aangebied om haar te leer hoe om skoenveters vas te maak. Dit is dalk in stomme verbasing dat ek die jogurthouer laat val het. Dit was só ongewoon en só oulik. Haar eie ma mag haar nie daarmee help nie, maar óúboet mág? Beslis. Sy wil alles by hom leer. Ek was dankbaar en tranerig.

Is ons dan nie dankbaar nie? Vir diegene wat hulp aanbied wanneer ons gefrustreerd is. Vir diegene wat iemand leer deur net TEENWOORDIG te wees. Hulle, vir wie ons bewonder.  Vir die vriend wat iets gesê het wat jou houding verander het. Vir jou pa wat in moeilike tye vir jou gesê het om moed te hou. Vir die pastoor wat vir jou die beste raad gegee het deur te sê jy moet 'n ent gaan stap. Vir die suster wat jou gewys het dat humor 'n fantastiese lewenstrategie is. Vir die eggenoot wie se vriendelikheid en geduld boekdele spreek. 

Ek is bereid om te wed dat jy aan dié mense dink wat jou pragtige waarhede geleer het. Ons het geleer, hetsy hulle idees verduidelik het en of hul lewens self die verduideliking was. Kom ons wees dankbaar. Neem 'n pen en skryf drie name neer. Skryf langs die name neer wat hulle jou geleer het. Hou dit eenvoudig. Niks langdradigs of ligsinnigs nie. Laat ons die termometer vir ons dankbaarheid sien styg!

Vader God, dankie vir onderwysers. Die Engelse hoërskoolonderwysers, die sportafrigters en susters wie se lewens ‘n groter getuienis was as dit wat hulle gesê het. Hulle wat vir ons waarskuwings en instruksies gegee het, ons laat lag het en hoop gegee het. Dankie, vir tye toe ons bereidwillig was om te leer. Help ons om aan te hou om bereidwillig te wees. Help ons om ontvanklike en nederige leerders te wees. Nie wysneuse nie, maar leergieriges. Dankie dat U oor tyd heen die beste Leermeester van genade en waarheid is. 

day_7
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Choosing Gratitude

Daar is so baie van ons wat gefrustreerd, angstig en met 'n gevoel van oorweldiging lewe. Ons hoef nie so te lewe nie. Nuwe gewoontes kan gevorm word. Nuwe hoop kan gevind word. Vreugde is net om die draai. Hoe kom ons daar? Die geestelike oefening van dankbaarheid is dikwels die verlore sleutel om die hoop, vreugde en prag rondom ons te ontsluit.

More

Ons bedank graag vir Amy Seiffert wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief http://www.amyseiffert.com/