Om Dankbaarheid te KiesVoorbeeld
Dag 6: Vir Lag
As ons ons bome en omgewing vernietig, diere seermaak en mekaar seermaak, ensovoorts, is ‘n baie sterk krag nodig om dit te beveg. Ek dink ons het meer liefde in die wêreld nodig. Ons benodig meer vriendelikheid, meer deernis, meer vreugde, meer lag. Ek wil definitief daartoe bydra.
— Ellen DeGeneres
Die mensdom het regtig een doeltreffende wapen, en dit is lag.
— Mark Twain
Op ‘n stadium het ek ‘n daaglikse dosis Leon Schuster ingekry. Ek en my vriend sou vir mekaar teksboodskappe stuur oor ‘n poets wat hy gebak het, of oor iets humoristies en skreeusnaaks wat Leon gedoen het. Ek sou onbeheers in die middel van die dag gelag het. Dit was fantasties.
Ek onthou dat ek ‘n kort plegtige verklaring in my hart gemaak het: Elke dag. Ek MOET elke dag lag. Dit is soos suurstof vir my longe. Moenie gaan slaap sonder dat jy gelag het nie.
Net soos my jaarlikse voorneme in Januarie om daagliks tande te flos, het ek dit egter ook laat staan.
Een goeie ding is dat dit nie te laat is om vandag te lag (of tande te flos) nie.
My gunstelingmense is skreeusnaaks. Ek onthou toe ek by die werk was en dinge uitbundig geraak het. Ek het so gelag dat ek teen die muur vasgehou en afgesak het en myself bietjie natgemaak het (die geskenk wat saam met geboorte skenk kom; dit hou aan skenk), weens een of ander geskerts oor gesnipperde vleis.
My eggenoot gebruik humor as 'n swaard om gespanne situasies te ontlont, die belaglike uit te wys, vrolikheid te verseker en vriendskappe te behou. Wat 'n gawe is dit nie om dinge nie so ernstig op te neem nie en dit te laat vaar.
Is ons nie dankbaar daaroor nie? Vir die dinge wat ons laat lag? Vir die uitlaatklep, die vreugde, die belaglike?
Neem 'n oomblik en dink aan die laaste keer wat jy uit jou maag gelag het, waarmee jy besig was en wie saam met jou was. Saam met watter mense lag jy die graagste? Kom ons sê dit vandag vir hulle. As dit vreemd voel om dit te doen, sê ék het jou dit laat doen. Gee my die skuld. Dit is in orde met my. Ons dankbaarheid groei indien ons dit ronduit sê en dit uitdeel.
Wat is die dinge wat ons laat lag? Kom ons gaan vind dit! 'n Sarkastiese, oordrewe boodskap van jou suster af? Die Molly en Wors komedie? Van der Merwe-grappe? Wat dit ook al is – dit is klinies bewys dat lag jou LEWE verbeter.
– Lag sal jou immuunstelsel verbeter: Negatiewe gedagtes manifesteer as chemiese reaksies wat jou liggaam kan beïnvloed deur stresvlakke te verhoog en jou immuniteit te verlaag. In teenstelling daarmee, kan positiewe gedagtes neuropeptiedes vrystel wat help om weerstand teen stres en moontlike ernstiger siektes te bied.
Lag kan pyn verlig: Lag kan pyn verlig omdat die liggaam daardeur natuurlike pynstillers vervaardig.
Lag sal persoonlike tevredenheid verhoog: Lag kan dit ook makliker maak om moeilike omstandighede te hanteer. Dit help ook om verhoudings met ander mense te bou.
Lag sal jou gemoedstemming verbeter: Baie mense ly aan depressie, partykeer as gevolg van kroniese siektes. Lag kan help om die depressie en angstigheid te verminder en jou gelukkiger laat voel.
— Die Mayo Kliniek
Mag ons mense wees wat maklik en sonder skaamte lag; sonder skaamte oor hoe ons lag klink, of waaroor ons lag – wie gee om! Ons lag! Mag ons gereeld met vrymoedigheid en hardop lag.
Mag ons humor ten koste van onsself en nie van ander wees nie – vol genade, verspottigheid en vreugde. Mag ons vir hulle wat ligsinnigheid en humor tot ons lewens toevoeg, vertel hoe dankbaar ons vir hulle is. Hulle genees, is draers van vreugde en het nodig om dit te weet.
Vader God, dankie om te kan lag totdat die trane loop. Vir die tye wanneer ons sorgvry, vreugdevol en laf is. Dankie dat U lief was vir lag en om saam met vriende te wees. U het aan ons ‘n manier gegee het om ‘n verbintenis met ander op 'n positiewe en aansteeklike manier te vestig. Dankie vir hulle wat ons die meeste laat lag. Vir hulle saam met wie ons luidkeels kan lag. U is lief daarvoor om geskenke te gee en hierdie is alles deel daarvan. Dankie vir die innerlike uitwerking wat lag het.
dag_6Aangaande hierdie leesplan
Daar is so baie van ons wat gefrustreerd, angstig en met 'n gevoel van oorweldiging lewe. Ons hoef nie so te lewe nie. Nuwe gewoontes kan gevorm word. Nuwe hoop kan gevind word. Vreugde is net om die draai. Hoe kom ons daar? Die geestelike oefening van dankbaarheid is dikwels die verlore sleutel om die hoop, vreugde en prag rondom ons te ontsluit.
More