Om Dankbaarheid te KiesVoorbeeld
Dag 9: Vir Laat Vaar
Herfs wys ons hoe pragtig dit is om dinge te laat vaar.
– Lori Deschene
Sommige mense glo vashou en uithou is tekens dat mens sterk is. Inteendeel, daar is tye dat soveel meer krag nodig is om te weet wanneer om te laat vaar en dit dan te doen.
– Ann Landers
Dit was 'n koel, vars Aprilmaand 'n paar jaar gelede. Ek het as eerstejaarstudent in my koshuiskamer gestaan – stil, hartseer, vreemd-opgewonde, in afwagting ... maar tog ook nie. Toe gebeur wat ek verwag het. Na aan trane, op die vooraand van ‘n geleentheid en op die rand van vrees.
Ek het na leë mure gestaar en myself afgevra: Wie wil ek wees? Wie wil ek liefhê? Watter soort lewe is ek besig om te bou?
Ek het reeds al die foto’s van ons twee saam verwyder en besluit. Inteendeel, ek het weke tevore reeds besluit, maar dit nie aan myself erken nie. My verhouding met ‘n kêrel die afgelope twee jaar was nie voordelig nie. Die verhouding het mooi oomblikke gehad, maar dit het versuur. Dit was amper vakansie en ek was op pad huis toe om dit te laat vaar. Om te verseker ek laat dit vaar, het ek die foto’s van ons in my kamer verwyder. Ek sou terugkeer na leë mure – of 'n skoon palet – afhangende hoe mens daarna kyk. Ek kon nie langer daardie bepaalde wete in my hart ignoreer nie. Dit het egter niks aan die feit verander dat om te laat vaar 'n geloofstap is nie. 'n Stap wat moed verg. 'n Stap in die rigting van die onbekende, en om die bekende te laat vaar.
Ek het dieselfde gevoel ervaar toe ek my seun se hand op sy eerste skooldag gelos het.
Ook toe ek geweet het ek moet die leierskap van 'n kampusbediening na agt jaar laat vaar.
Ook met die oppak van die huis waarin ons 12 jaar gebly het; die huis wat ons verander het van vervalle na weelderig.
Baie het gedink ek is gek om daardie kêrel, daardie bediening en daardie huis te laat vaar. Ek is egter dankbaar ek het almal in die oë gekyk, en hulle menings, verwagtinge en hoop vir my vaarwel toegeroep. Vandag, sou baie dink ek was GEK as ek my man misgeloop het. Die een wat ek ontmoet het nadat ek die kêrel laat vaar het. Dankie Vader.
Is dit nie iets om oor dankbaar te wees nie? Vir die oomblikke in ons lewens wat verandering op ons pad vereis, alhoewel ons self die eerste stap moet neem?
Laat ons dankbaarheid groei terwyl ons dinge laat vaar.
Deur dit gereeld te doen, het my geloof gegroei en is ek dankbaar. Ek kan vertrou dat God besig is om iets besonders te doen. Iets nuuts. Iets anders. Iets moois. Ek kan vertrou dat Hy seer vir verandering gebruik, Hy gebruik groei vir volwassenheid, Hy gebruik moeilike dinge vir groter dinge. Is dit nie so dat 'n boom groei, bloeisels dra en die bloeisels afval nie, en as gevolg van die bloeisels wat afval, word meer bome op ander plekke gevind? Vir 'n seisoen lyk dit leeg, onvrugbaar en hopeloos. Dit is egter net om plek vir nuwe bloeisels te maak.
Is dit tyd om iets te laat vaar? Indien dit so is, laat ek jou moed gee: Hierdie verandering op jou pad is geen verrassing vir ons Koning wat jou geskape het nie. Hy het goeie, goeie planne vir jou. Hy is ook intiem met al jou weë bekend.
Mag ons braaf en sterk wees en alle dinge laat vaar: Verwagtinge. Opinies. Vrese. Bitterheid. Status. Jaloesie. Vergelyking. Om ander teleur te stel. Veroordeling. Afhanklikheid van goedkeuring.
Mag ons laat vaar wat negatief, verkeerd, ongesond of skadelik is.
Mag ons laat vaar wie ons dink ons veronderstel is om te wees.
Mag ons laat vaar sodat groei kan plaasvind.
Vader God, dankie dat ek kan laat vaar. Dankie vir die groei en prag wat U daardeur vir ons bewerk. Terwyl ons laat vaar, mag ons hoop, verandering, vreugde, en geloof verwelkom vir dit wat volgende gaan groei. Mag ons laat vaar en ons hande oopmaak … hulle oophou sodat ons dít kan ontvang wat U volgende vir ons in gedagte het. Wanneer ons laat vaar, gee ons so baie weg, en ons is vry.
Vader God, dankie dat U u Seun laat vaar het, sodat ons vry kon wees.
dag_9Aangaande hierdie leesplan
Daar is so baie van ons wat gefrustreerd, angstig en met 'n gevoel van oorweldiging lewe. Ons hoef nie so te lewe nie. Nuwe gewoontes kan gevorm word. Nuwe hoop kan gevind word. Vreugde is net om die draai. Hoe kom ons daar? Die geestelike oefening van dankbaarheid is dikwels die verlore sleutel om die hoop, vreugde en prag rondom ons te ontsluit.
More