Om Dankbaarheid te KiesVoorbeeld

Choosing Gratitude

DAG 2 VAN 10

Dag 2: Vir Saameet aan Tafel

Gasvryheid beteken hoofsaaklik om ruimte te skep waar 'n vreemdeling toegang het, en 'n vriend in plaas van 'n vyand word. Gasvryheid is nie bedoel om mense te verander nie, maar om vir hulle ruimte te bied waar verandering kan plaasvind. Dit is nie om mans en dames aan ons kant te kry nie, maar om vryheid te bied wat nie deur skeidslyne versteur word nie.

— Henri J.M. Nouwen, Reaching Out: The Three Movements of the Spiritual Life

Gedurende die eerste jaar van getroude lewe, het ek gereeld by die kombuistoonbank gestaan in die wit huis waarmee ons ons agtererf gedeel het. My buurvrou en ek sou vroeg opstaan, saam oefen, en dan terwyl haar baba geslaap het, het sy vir ons eiertoebroodjies gemaak. Ons het gemaklik oor alles en enige onderwerp gesels, met eiergeel wat langs ons kenne afdrup. Die was ‘n klein maaltyd, 'n eenvoudige liefdesgawe, 'n kosbare gebaar.

Dit blyk dat 'n tafel, 'n toonbank en die vloer voldoende is. So ook 'n eier, tee, oorskietkoek. Die belangrikste is nie die grootte van die liefdesgawe nie, maar wel die hart waarmee dit aangebied word. Sy was nie gejaagd, onrustig of te besig om plek vir vrymoedigheid, groei en vreugde aan te bied nie.

Wanneer ons ‘n plek vir saameet maak, skep ons ruimte vir ons harte om te groei. Ons reik uit,  luister, betoon deernis, bied hulp aan. Wanneer daar vir my plek gemaak was, het ek genesing, vriendelikheid, ‘n gelag, vrymoedigheid, en vir God beleef. 

Is ons nie daaroor dankbaar nie? Vir die saameet waarvan ons deel was, die gelag, die warboel, die heilige plek? Ons kan stilstaan en terugdink aan die pastadis, die laaste-minuut uitnodiging om te "bly vir aandete," die braaivleis in die agtererf en die vrugtepons. Terwyl ons snoesig en dankbaar sit, en terugdink aan die saameet waarvan ons deel was — dan belowe ons om dit meer gereeld te doen — saam met gemaklike mense asook saam met hulle wat moeiliker is. Wie kan ons hierdie week met ‘n nederige hart vir ‘n grondboontjiebotter-en-stroop toebroodjie uitnooi?

Vader God, dankie dat ons kan saameet. Vir melk wat gemors het, die eier wat afdrup, die gelag, die liefde, die ekstra borde en laaste-minuut uitnodiging. Dankie vir genade, vir vrywees, vir die hoop wat daardie ruimte bied. Help ons om aan ander te dink wat hierdie week geleentheid vir saameet nodig het, en hulle uit te nooi. Help ons om vrymoedig in plaas van perfek met ons liefdesgawes te wees.

dag_2
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Choosing Gratitude

Daar is so baie van ons wat gefrustreerd, angstig en met 'n gevoel van oorweldiging lewe. Ons hoef nie so te lewe nie. Nuwe gewoontes kan gevorm word. Nuwe hoop kan gevind word. Vreugde is net om die draai. Hoe kom ons daar? Die geestelike oefening van dankbaarheid is dikwels die verlore sleutel om die hoop, vreugde en prag rondom ons te ontsluit.

More

Ons bedank graag vir Amy Seiffert wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief http://www.amyseiffert.com/