Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 14 VAN 27

Ons staan vandag, op die laaste dag van die tweede Adventweek, tyd af om in ons oggend- en aandroetine in ons harte stil te raak, 'n kers aan te steek en om 'n klaagpsalm soos Psalm 42 of Psalm 77 te lees. 

Bring jou hartseer, vrae en vrese na die Here, selfs al kan jy nie 'n woord uitkry nie. God belowe: "... die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie" (Romeine 8:26b).

Ruim tyd in om diegene om jou op te hef wat na 'n moeilike jaar bedroef of swaar belas voel. Dit is hulle wat in besonder deur die gebeure van die afgelope jaar beïnvloed is.

Nadenke:

  • Wat kan jy prakties doen in reaksie op dít wat God jou hierdie week geleer het?
  • Vir wie kan jy met 'n bemoedigende woord, 'n klein geskenkie of 'n telefoonoproep seën; net om die persoon te laat weet dat hy of sy in hierdie Kerstyd nie alleen is nie?

Neem nou 'n tree van gehoorsaamheid om jou lig te laat skyn en 'n ander te bemoedig. 

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV