Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 17 VAN 27

Oorgawe en nederigheid is ongemaklik, veral vir dié van ons wat hou van 'n gemaklike, onafhanklike, self-onderhoudende lewe. 

Dit is egter belangrik om ongemak te konfronteer. Is dit dalk wat Paulus bedoel wanneer hy sê: "... werk julle eie heil uit met vrees en bewing"? (Filippense 2:12b AFR53).

Ons het dit al gesamentlik in een of ander vorm beleef. In 2020, toe ons saam 'n wêreldwye pandemie moes deurleef, het ons individuele ondervindings dalk verskil, maar ons het almal ongemak in een of ander vorm ervaar terwyl die wêreld verander en ons genoodsaak was om ons eie lewens, finansies, prioriteite en selfs ons sterflikheid in oënskou te neem. 

Dit was 'n ongemaklike ondervinding. Baie van ons kan egter ook in alle eerlikheid erken, al was die gevolge van COVID-19 dikwels pynlik en ongemaklik, het ons nuwe lesse geleer en God se teenwoordigheid in groter diepte ervaar — deur die ongemak te konfronteer. 

Om gedwing te word om onsself te verneder en ongemaklike vrae oor ons prioriteite en ons lewens te vra, kan ons help om op nuwe maniere die oorvloedige lewe te ervaar wat Jesus aan ons bied.

Wat sal gedurende hierdie Adventtyd gebeur as ons 'n bietjie dieper as die oppervlakkige van die feestyd gaan delf en onsself 'n paar ongemaklike vrae vra, terwyl ons vertrou dat God ons deur enigiets sal dra?

Nadenke:

  • Wees genadeloos eerlik: op watter maniere is jy die middelpunt van jou wêreld? 
  • Op watter maniere vra God dalk van jou om gedurende hierdie feestyd jouself aan Hom oor te gee?

Vertrou dat God besig is om jou deur jou daaglikse uitdagings te vervolmaak en dank Hom vir hoe sy nederigheid vandag besig is om jou te vorm.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV