Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 16 VAN 27

Hierdie Skrifgedeelte uit Filippense druis lynreg teen ons kulturele norme in. Dit dring ons: "Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander" (Filippense 2:4). Wie doen dit? 

Hoe sal ons dit ooit kan doen?

Ons leef in 'n samelewing van oordrewe individualisme. Ons sien om na ons eie belange. Ons spaar vir die toekoms. Ons gee net 'n mening wanneer die saak vir óns van belang is; ons krap nie waar dit nie jeuk nie.

In hierdie Skrifgedeelte nooi Paulus egter volgelinge van Christus uit om anders op te tree. 

Die gedeelte begin deur ons motivering uit te wys: troos in Christus, die aansporing deur sy liefde, die gemeenskap deur die Gees, innige meegevoel en meelewing (sien vers 1). 

As ons hierdie dinge beleef, sê Paulus, dan behoort ons anders te lewe. "Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander" (Filippense 2:3-4). 

Dit is 'n manier van leef wat dramaties ánders is en wat net moontlik gemaak word deur die invloed wat Christus se denkwyse op ons lewens uitoefen. 

Wat is die uitwerking daarvan? 

Dat "... elke tong sou erken: 'Jesus Christus is Here!' tot eer van God die Vader" (Filippense 2:11), en dat nog meer mense aangegryp sal word deur hierdie teen-kulturele lewenswyse van Christus.

Nadenke:

  • Wat sê God vir jou deur hierdie Skrifgedeelte?
  • Wat in hierdie Skrifgedeelte bied aan jou troos? Wat daag jou uit?
  • Na wie se belange sien jy om? Op watter maniere kan jy na die belange van ander begin omsien?

Terwyl jy vandag ondersoek hoe om na ander se belange om te sien, sal jy Jesus se vertroosting en liefde aan diegene om jou bring.

Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV