Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 20 VAN 27

Wanneer laas het jy op jou knieë gegaan as jy bid? Dit kan dalk vreemd voel, selfs 'n bietjie ongemaklik, maar probeer dit! 

Ervaar hoe hierdie verandering in jou fisieke liggaamshouding kan dien as inspirasie vir jou geestelike houding.

Gebed gaan daaroor om ons te herskep. Dit help ons om 'n liggaamshouding van aanbidding, ontsag, oorgawe en openhartigheid voor God in te neem. Dit is belangrik om te onthou dat al hierdie liggaamshoudings, oorgawe ingesluit, nie eenmalige optredes is nie. Dit verg 'n aaneenlopende hervorming van ons harte, hande en gewoontes voor God.

Kom ons bid.

Here Jesus, ek bely dat dit dikwels in my lewe meer oor myself gaan as oor U en die mense wat U in my lewe geplaas het. Dit is baie makliker om net aan myself en my eie belange te dink en nie ook aan die belange en behoeftes van ander nie. Ek weet egter dat U ons gevra het om oor kultuurgrense heen te leef, en dat U ons nie vra om iets te doen wat U nie alreeds vir ons gewys het hoe om te doen nie.

Jesus, dankie dat U mens geword het. U het gekies om by ons in 'n deurmekaar en gebroke wêreld te wees. Dankie vir die voorbeeld wat U aan ons gestel het deur u nederigheid om 'n dienaar vir ons te wees.

Jesus, kan U my asseblief wys hoe ek met oorgawe en nederigheid kan lewe? Sal U my oë oopmaak dat ek kan sien hoe U my nooi om met my naaste om te gaan, om hulle te dien en ook hoe ek na hulle belange kan omsien? 

Jesus, ek sien uit na die dag wanneer elke tong U as Here tot eer van God die Vader sal erken. 

Amen.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV