Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld
Ons is gemaksugtige wesens. Ons lewe in 'n samelewing waar amper alles deur gemak en veiligheid gedryf word. Ons verkies deurry-eetplekke, sodat ons in ons verhitte motors kan bly sit.
Sitplekke in rolprentteaters is deesdae leunstoele, sodat ons agteroor kan lê terwyl ons na die rolprent kyk. Ons druk 'n knoppie om in ons motorhuise in te ry en sodoende loop ons die geleentheid mis om die bure te groet.
Hierdie klein geriewe is nie verkeerd nie, alhoewel die gevaar van gemaksug kan lei om dit amper te aanbid. Ons sien dit gebeur wanneer ons "nee" sê vir heilige, wonderlike geleenthede wat God op ons pad bring omdat ons huiwerig is om uit ons gemaksones te beweeg.
Die drang na gemak begin na ander fasette van ons lewens deursyfer en ons leef meer waaksaam met onderstebo koppe en gebalde vuiste.
'n Oormatige begeerte na gemak, dui op gebroke ywer: Ons vertrou nie ten volle op God en sy voorsiening nie.
As ons glo dat ons God goed is en ons liefhet, kan ons beslis weet wanneer Hy ons vra om iets te doen, dat Hy ons daardeur sal lei en help. Jesus belowe om in ons behoeftes te voorsien. As God ons dus vra om iets te doen, hoef ons nie huiwerig te wees om uit ons gemaksones te beweeg nie.
> Wanneer ons in staat is om God ten volle te vertrou, kan ons weer ons koppe oplig om die nood rondom ons raak te sien en ons hande oopmaak om van onsself aan ander te gee — in ooreenstemming met God se vrygewige hart.
Nadenke:
- Is daar areas in jou lewe waarin jy sukkel om op God te vertrou?
- Hoe lyk vertroue in hierdie Kerstyd vir jou?
- Wat is jy bang kan gebeur as jy met 'n oop gesindheid leef vir wat dalk ongemaklik kan wees?
Mag die God van alle vertroosting jou vandag bemagtig as jy jou hande oopmaak en Hom vertrou.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.
More