Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 26 VAN 27

Die vryheid, vreugde en uitbundigheid wat deur die herders in die Kersverhaal uitgebeeld word, is verstommend. 

Hulle is verheug oor hierdie goeie nuus van groot vreugde. Hulle het hulself ongehinderd gehaas om Jesus te sien en die blye boodskap oor Hom met almal te deel. Hulle het toe voortgegaan om God te verheerlik en te loof. Kan jy jou hul kinderlike opgewondenheid voorstel? 

Met hulle arms wyd oop het hulle God geloof en geprys!

Dit is gevaarlik maklik om in ons samelewing sinies te wees. Dis veels te maklik om net ons arms te vou en ons van die goeie nuus van groot vreugde in die Kersverhaal af te sluit. Die genade en vryheid van Christus lyk té goed om waar te wees in die harde werklikheid van die wêreld waarin ons leef; daarom weier ons om dit te aanvaar.

Daar is iets wat ons kan leer uit die voorbeeld wat die herders gestel het. Hulle het die nuus met ope arms ontvang en dadelik daarop gereageer. Wat as ons só op hierdie goeie nuus reageer? 

Hoe sou ons harte se ingesteldheid kon verander, nie net vir die Kerstyd nie, maar in elke oomblik en stadium van ons lewens? Wat 'n herskepping sal ons in ons lewens en die wêreld om ons begin sien?

Miskien moet ons meer hoopvol en minder sinies wees, minder skaam wees en meer vrymoedigheid hê om na Jesus te kom, moeilike vrae te vra, 'n onverwagte daad van vriendelikheid te doen, of 'n vriend van Jesus te vertel.

Sosina is 'n jong vrou uit Ethiopië wat by haar ma, 'n enkelouer, met min grootgeword het. Met behulp van Compassion se borgprogram vir kinders, het Sosina grootgeword met die ondersteuning van ander om haar en is deur die liefde van Christus herskep. In haar universiteitsjare het sy by haar kerk se gemeenskapsuitreik aangesluit. Die kerk het hulle lede aangemoedig om kinders in die gemeenskap finansieel te ondersteun, sodat hulle ook die plaaslike Compassion-sentrum kon bywoon.

Sosina het besluit om die bietjie geld wat sy het, aan te wend om 'n verskil te maak en vir klein Deborah begin ondersteun. Vandag bou sy steeds 'n verhouding met Deborah deur vir haar 'n mentor te wees, berading te bied en te bemoedig om sterk te wees en God te vertrou.

“Ek is baie bewus daarvan hoe Compassion my lewe verander het. Ek wil vir Deborah daardie soort hoop gee. Ek is bevoorreg om hierdie geleentheid te kry, 'n geleentheid wat aan my seën en vreugde verskaf deur te gee.” – Sosina

Sosina se verhaal is 'n pragtige voorbeeld van wat gebeur wanneer die genade wat ons van Christus ontvang het, ons dring om met 'n hart van vreugde en vrygewigheid te leef. 

Hoe nooi God jou vandag om hierdie goeie nuus van groot vreugde te ontvang?

Dag 25Dag 27

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV