Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld
In ons Westerse samelewing, lyk dit of Kersfees sinoniem met die woord aankope is, nie waar nie? Ons begeerte is om te gee en daardeur vir ander te wys ons gee om. Alhoewel dit 'n edel gedagte is, verander dit blitsvinnig in 'n agterstallige kredietkaart en hope kartondose wat die hele wêreld volstaan.
Hierdie koopgewoontes is nie net tot Kerstyd beperk nie.
Het jy geweet dat die gemiddelde Amazon Primalede, ongeveer R33 000 per jaar op aanlynaankope bestee? Miskien laat sulke aankope met die druk van 'n paar knoppies, ons minder dink waaraan ons ons geld spandeer.
Namate hierdie jaar tot 'n einde kom, kan jy gerus 'n bietjie na jou uitgawes van die afgelope jaar kyk.
Terwyl jy dus Matteus 6:19-24 lees, kan jy oor hierdie vrae nadink en toelaat dat dit jou hart deurdring.
Nadenke:
- Hoeveel van jou inkomste het na liefdadigheid, jou kerk of mense in nood gegaan?
- Hoeveel van jou tyd het jy die afgelope jaar daaraan gewy om ander te dien — deur jou kerk, 'n plaaslike uitreik- of 'n sendingaksie?
- Was daar in hierdie jaar 'n tyd toe dit uitdagend gevoel het om jou hande in offergawe oop te maak? Was daar kere wat dit maklik was? Wat beplan jy om in die nuwe jaar anders te doen?
Mag jou hart oorloop terwyl jy nadink hoe om hierdie Kersfees mildelik van jou tyd, geloof en hulpbronne te gee.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.
More