Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld
Die Lofsang van Maria (Lukas 1:26-55) is in Engels bekend as "The Magnificat" (Lukas 1:46-56). Die woord “Magnificat” is 'n Latynse woord wat beteken, “my siel maak die Here groot.”
Partykeer lees ons net vinnig deur gedeeltes oor Maria se rol in in die Kersverhaal.
Ons stel ons voor dat sy, sagmoedig en saggeaard, haarself op 'n stil manier aan die engel Gabriël se nuus onderwerp het. Dink egter net vir 'n oomblik hoe dit vir Maria beïnvloed het.
Dink vir 'n oomblik aan die werklikheid daarvan. 'n Jong vrou, met baie min of geen besittings, word meegedeel dat sy 'n kind gaan kry. Nie sommer enige kind nie, maar God se kind deur die werking van die Heilige Gees. Boonop nog voor sy met Josef, haar verloofde, getroud is.
Ons kan maar net aanneem dat die blote gedagte Maria met vrees vervul het. Wat sou haar verloofde dink? Sal haar familie haar verstoot? Haar gemeenskap haar verloën? Bowenal, hoe moet die Seun van God grootgemaak word?
God se plan vir Maria het vereis dat sy haar hande in oorgawe en geloof moes oopmaak en in daardie liggaamshouding van gehoorsaamheid, het haar siel die Here verheerlik.
Nadenke:
- Staan vir 'n oomblik stil by Maria se omstandighede. Hoe sou jy gevoel het as jy in haar skoene was?
- Lees verse 46-56 weer. Wat vertel Maria se loflied jou oor haar houding teenoor haar hemelse Vader? Haar siening van haar eie lewe?
- Wat leer Maria se reaksie jou hoe om met oop hande te lewe?
Mag jou hart vandag oorloop wanneer jy jou hande oopmaak en jouself in geloof aan God oorgee.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.
More