Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 1 VAN 27

Kersfees is op pad, en daarmee saam inkopies en lysies en familiebyeenkomste en, vreemd genoeg, meer versierings wat uit die stoorkamer gehaal word as wat ons laasjaar weggepak het.

Ons probeer 'n gaatjie in die kalender kry om net nog één Kersfeesviering in te druk. Die advertensies om ons skreeu ten hemele dat ons hierdie feestyd die beste, grootste, nuutste en wonderlikste nodig het. Dit laat ons heeltemal oorweldig.

Kort voor lank vra ons desperaat: Waar is die een wat as Koning van die Jode gebore is?

Ons wil Hom sien. Ons wens dat al die versierings, inkopies, materialisme en gegons ons na die krip kon lei. Eindelik besef ons dat die blink-wit Kersfees wat ons elke jaar koop, geen weerspieëling van die gebeure in 'n stal op daardie eerste Kersfees is nie.

Ons kan so maklik vergeet dat hierdie feestyd daaroor gaan om Jesus te aanbid; net so vasbeslote as die wyse manne destyds. Ten spyte van al die politiek, gierigheid en materiële welstand om hulle, was hulle oë op net een ding vasgenael: om Hom te aanbid.

Wat as ons hierdie Adventtyd binnegaan met ons oë in aanbidding op Christus gerig? 

Bea, 'n tiener in die Filippyne wat deur Compassion Deernisdienste geborg word, het gesien wat kan gebeur wanneer sy vir Jesus die middelpunt van haar lewe maak en haar oë net op Hom gerig hou. Ten spyte daarvan dat sy uit 'n gebroke gesin kom, met haar pa in die tronk, het sy hoop:

Jesus is die gom wat ons gesin aanmekaar hou. As God nie die middelpunt van ons gesin was noudat my pa in die tronk is nie, weet ek nie watter soort mens ek sou geword het nie. — Bea

Bea se aanbiddende liggaamshouding, met haar oë op Christus gerig, is 'n pragtige beeld van hoe ons hierdie feestyd kan binnegaan. Daar is so baie dinge wat vir jou aandag wedywer. Dit is maklik om van Christus afgelei te word — die middelpunt van hierdie Kersseisoen en die rede waarom ons geskenke gee, partytjies hou en as familie bymekaarkom.

Hy is ons lof en aandag waardig. Kom, laat ons Hom aanbid.

Bid: 

Jesus, in hierdie feestyd wat so besig en vol afleidings kan wees, met familie om te besoek, etes om voor te berei en lysies om af te handel, help my om my oë in aanbidding op U te rig. U is die middelpunt van hierdie feestyd. Ons het gekom om U te aanbid. 

Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV