Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld
Partykeer dink ons dat aanbidding net op bepaalde maniere gedoen moet word. Dit is baie ver van die waarheid af!
Dwarsdeur die Skrif word ons aangemoedig om ons lof en aanbidding met ons hele wese uit te druk: met klinkende simbale, lofsange in geboue of plekke van aanbidding of buite in die natuur, met ons denke, harte en stemme en met elke asemteug wat ons neem.
Sal jy daarvan hou om nuwe en kreatiewe maniere van aanbidding te ontdek?
Begin vandag deur kreatief aan die verhaal van die drie wyse manne te dink.
Dit kan dalk vreemd voel om dit waarmee jy besig is vir eers te staak, jou stiltetyd of aanbidding te onderbreek, maar om iets nuuts en anders te probeer, kan verrykende gevolge vir jou stiltetyd hê.
Dink oor die verhaal van die drie wyse manne in Matteus 2:9-12 waarop ons die afgelope week gefokus het voordat jy hierdie toepassing of jou rekenaar toemaak. Dink hoe die verhaal van die drie wyse manne jou in jou aanbidding kan lei.
Of jy fluister of hardop praat, sigbaar of onsigbaar, privaat of in die openbaar — plaas jou fokus aktief op die Koning van alle konings!
Voorstelle hoe om aktief by hierdie teksgedeelte betrokke te raak:
- Teken 'n prentjie
- Skryf 'n gedig of 'n kort oordenking
- Doen die choreografie vir 'n dans
- Skryf 'n kort liedjie of sing een wat jou na aan die hart lê
Mag die Naam van ons God verheerlik word wanneer hierdie verhaal van die drie wyse manne jou inspireer om op 'n kreatiewe manier te aanbid!
Aangaande hierdie leesplan
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.
More