Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld
Soms voel die wêreld allesbehalwe rustig en helder. Dit voel asof dit uit sy nate gaan bars. Alles maak eenvoudig seer en ons het geen idee hoekom nie.
Ons kyk om ons heen om te sien of daar enigiets is wat dit kan regmaak of antwoorde kan gee oor die gebrokenheid wat ons beleef. Ons onderdruk die vrae, want ons is bang dat ons nie gaan kry waarna ons soek nie, maar alles skiet tekort. Niks bevredig nie.
Dawid, die psalmskrywer, het dikwels dieselfde gevoel. In Psalm 3, skryf hy dat hy deur sy vyande omsingel is en elkeen probeer hom oortuig dat God hom verlaat het. Dawid weerspreek egter hierdie leuens:
“Maar U, Here, beskerm my aan alle kante, U herstel my eer en aansien” (Psalm 3:4).
Dawid se vertroue leer vir ons iets kosbaars oor ons God. Hy is Immanuel, God by ons.
God by ons in ons hartseer, pyn en vrae.
God by ons wanneer ons nie die aanbiddingsliedere kan sing nie.
God by ons wanneer alles net té seer maak en ons niks meer het om te gee nie.
Dit is nie ten spyte van nie, maar as gevolg van ons seer en pyn dat ons hierdie Kersseisoen vier, omdat ons 'n God dien wat pyn ken, 'n God wat gekom het om alles nuut te maak, 'n God wat ons uitnooi om ons swaarkry en pyn voor sy voete te kom neerlê.
Kauany, van Brasilië, het dit baasgeraak om midde-in 'n stryd, haar kop op te lig en alleenlik na Christus te kyk. Sy was maar sewe jaar oud toe dokters gewasse gevind het wat kort-kort in haar eierstokke, rugwerwels, longe en borste gevorm het. Alhoewel alles om haar in duie wou stort, het Kauany haar gedagtes net op Christus gerig.
“Ek kon regtig nie verstaan waarom God toegelaat het dat ek siek word nie,” sê Kauany, “maar ek het geweet dat Hy goed is en ek het geglo dat Hy my sou help om 'n goeie lewe te lei, ongeag hoeveel dekades ek sou leef.”
Met die verloop van jare het Kauany, met die ondersteuning van haar familie en Compassion Deernissentrum, haar kop omhoog gehou deur die goeie en slegte dae van behandelings. In 2018 het sy lewensveranderende nuus ontvang — sy was totaal kankervry!
Kom ons hou ons hou ons koppe opgelig en kyk onder alle omstandighede op na Hom. Hy is getrou om ons vrese op Hom te neem en baie meer te doen as waarvoor ons kan vra of wat ons ons kan indink.
Bid:
Jesus, die pyn van my omstandighede en die gewig van die wêreld maak dit soms vir my moeilik om die waarheid raak te sien. Soms is dit moeilik om my kop opgelig te hou om na u gesig te kyk, eerder as na die chaos om my. Herinner my daaraan dat U my immerteenwoordige hulp is. Ek bid dat U my daagliks daaraan sal herinner dat u juk sag en u las lig is.
Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.
More