Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 10 VAN 27

Hoop is 'n eienaardige ding. Dis maklik om te hê — totdat jy dit eendag nié meer het nie. Dis maklik om aan vas te hou — totdat iets skeefloop. Dit is 'n woord wat die bladsye van ons gebedsjoernale en die kuns teen ons mure versier. Die woord word so algemeen in ons samelewing gebruik dat dit dalk sy trefkrag verloor het. 

Hebreërs 6:19 vertel vir ons dat die hoop wat ons deur die Seun van God, Jesus, het, 'n lewensanker vir ons siele is. 

Net soos 'n anker wat 'n boot deur 'n woeste storm in posisie hou, so is die hoop wat ons in Christus het wanneer die wêreld om ons onder ons voete begin wegskuif. Wanneer ons nie meer antwoorde het nie. Wanneer ons op die punt staan om handdoek in te gooi. 

Net soos Dawid, toe sy eie seun hom wou onttroon; of Maria, toe sy die skokkende nuus ontvang het dat sy God se Seun in haar maagdelike baarmoeder sou dra, word ons ook uitgenooi na 'n heilige vashouplek — aan die God wat aan ons ware, ewigdurende hoop beloof — wanneer dit lyk asof die wêreld besig is om in duie te stort. Soos 'n anker, is ons hoop in Christus kragtig, teenwoordig en standvastig. 

Nadenke:

  • Hoe kan jy die hoop in Christus in tye van verwarring en moeilikheid laat groei van 'n oulike, abstrakte idee na 'n tasbare reddingsboei? 
  • Watter ingesteldheid dra jy hierdie Kersseisoen in jou hart wat inmeng met jou vermoë om te hoop? 
  • Waar anders in die Skrif word jy ook herinner om vas te staan en jou oë op sy ferm en ewigdurende hoop gerig te hou?

Hou vandag vas aan die hoop van God en laat dit 'n anker vir jou siel wees.

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV