Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld
Wanneer ons vreesbevange is of oorweldig voel deur die wêreld om ons, is ons onvermydelike reaksie gewoonlik om ons te onttrek en die dinge te vermy wat die seer veroorsaak.
Ons het almal iets waarna ons ons eerste wend, voordat ons na Christus gaan. Dit kan die TV wees, sosiale media, kos, of ander dinge wat aan ons plesier verskaf.
Hierdie dinge is op sigself nie sleg nie, maar as ons hulle gebruik as pleisters om onsself mee te troos, vind ons uit dat die vertroosting net tydelik is. Dit verdwyn soos 'n vissersboot wat aan 'n spoelklippie geanker is.
In hierdie oomblikke is ons geneig om te vergeet dat God nie ver van ons is nie. Hy is in der waarheid in die situasie saam met ons. Hy is by ons deur alles: die pyn, die lyding, die littekens, die verwarring, die vrae.
Nadenke:
- Watter gewoontes het jy aangeleer wat jou daarvan weerhou om na God op te kyk wanneer jy vertroosting nodig het?
- Waarheen gaan jy wanneer jou pyn of die swaarmoedigheid van die wêreld jou oorweldig laat voel?
- Watter riglyne kan jy hierdie Kersseisoen gebruik om jou die gewoonte te help kweek om jou tot Christus te wend vir vertroosting, in plaas van dinge wat valse troos bied?
God is teenwoordig en gereed om jou kop weg van die valse vertroostinge óm jou in die rigting van sy ewigdurende hoop te draai. Fokus vandag jou aandag op Hom!
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.
More