Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld
Musiek is 'n kragtige manier om die waarhede van Christus in ons harte en gedagtes en deur ons ore vas te lê.
Maak dit vandag 'n prioriteit om na Kersliedere te luister wat jou sal herinner waar jou diepste hoop te vinde is.
Musiek wat jou sal aanspoor om jou kop hoog te hou en selfs te midde van moeilike omstandighede in God se volmaakte vrede te berus.
Bepeins hoe die musiek jou laat voel terwyl jy tyd afstaan om jou oë toe te maak, te luister en diep asem te haal.
Hier is twee liedere wat jou sal bemoedig, indien jy 'n voorstel nodig het:
- God met ons, Immanuel
- Kom alle getroues
Nadenke:
- Wat leer jy vandag uit die woorde van jou gekose lied?
Skryf die woorde neer, of stuur die lirieke aan 'n vriend wat bemoediging nodig het. Wanneer jy jou kop oplig, kan jy ook vir ander die rigting na jou ware Hoop wys.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.
More