Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 13 VAN 27

Gebed is die liggaamshouding wat God ons nooi om in te neem wanneer dit voel asof die wêreld om ons intuimel. Wanneer ons gebuk gaan onder die las van ons eie gebroke werklikhede. 

Die wonder van gebed is dat die Heilige Gees belowe om vir ons in te tree, selfs wanneer ons nie die woorde kan vind om onsself uit te druk nie. 

Jesus nooi ons uit om ons swaar laste aan sy voete neer te lê. Dit mag dalk moeilik wees om te doen, of ons mag dalk steeds angstig voel nadat ons ons sorge aan Hom oorgegee het, maar Hy belowe om ons laste te dra, ongeag hoe groot dit is. 

Jesus nooi ons uit om in sy opperheerskappy rus te vind. Dit is die wonder van die geskenk van die kind in die krip. Hy is Immanuel — God by ons. 

Kom ons bid saam.

Jesus, ek kom na U in die wete dat hierdie tyd van die jaar uitdagend kan wees. Ek erken dat ek party dae nie die vreugde en die glorieryke afwagting van u koms beleef nie. Sommige dae voel ek oorweldig deur die afgelope jaar. 

Die verliese, die droefheid, die verwarring, die onsekerheid. Ek weet egter, Here, dat ek u goedheid teen die swaarkry van die wêreld kan opweeg sonder om my geloof prys te gee. 

Ek weet dat U steeds goed is, al maak dit nie sin nie. Ek bid om met vrede en afwagting vervul te word terwyl ek op die viering van u koms na die wêreld wag. U is die groot Koning wat almal se laste dra, die groot Koning wat my kop hemelwaarts oplig en my voete uit die modderige klei uitlig. 

Amen. 

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV