Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 15 VAN 27

Kan ons 'n oomblik ernstig raak? Partykeer is dit makliker en die versoeking daar om net aan onsself te dink.

Al is dit ongemaklik om te erken, besef ons as ons regtig eerlik is, dat ons eerder na onsself omsien, doen wat óns graag wil doen en rig ons lewe op die gerieflikste vir ónssélf in.

Óns gesinne, óns prioriteite, en óns planne word so maklik al waarom ons eie wêreldjie draai.

Dis nie regtig 'n mooi of gemaklike gedagte vir 'n Advent-oordenking nie, is dit?

Kerstyd is egter 'n ideale tyd om te besin hoe ons met nederigheid en oorgawe vaar. Terwyl ons aan Jesus se menswording dink, die uiterste daad van nederigheid en oorgawe, word ons genooi om dieselfde ingesteldheid as Jesus te hê. Christus, wat God is, het alle rede gehad om met daardie almag oor ons te heers, maar het eerder nederigheid, diensbaarheid en menslikheid gekies.

Paulus, wat die brief aan die Filippense geskryf het, rig ons aandag op Jesus se voorbeeld van nederigheid. 

Hy is Goddelik, maar het verkies om mens te word.

Hy ken die volmaakte, intieme gemeenskap met die heilige Drie-eenheid, maar het 'n aardse gesin gekies.

Hy is God, maar het verkies om in die gebroke wêreld saam met ons te wees en alles weer nuut te maak.

Terwyl Kerstyd ons tot vrygewigheid oproep, is dit belangrik om onsself te verootmoedig met ons knieë gebuig voor ons Here Jesus en die gebrokenheid van die wêreld in te gaan om hoop, verlossing, herstel en liefde te bring. 

Hierdie nederigheid word pragtig uitgebeeld deur 'n kerk, geplant in die middel van 'n stad in Thailand waar daar baie hartseer is en wat saamwerk met die uitreik, Week van Medelye. Hierdie stad, Mae Sot, is in 'n baie mooi gedeelte van die wêreld, maar waar 'n grusame geheim is. Hier werk kinders teen hulle sin as slawe, in haglike omstandighede.

Die kerk is doelbewus in die stad gevestig om 'n bron van hoop te wees. Die personeel is passievol om die kinders in hulle gemeenskap te beskerm. Daar word programme en geleenthede aan die kinders en jeug gebied wat vir hulle 'n uitweg bied om van uitbuiting bevry te word.

In hulle gemeenskap is daar 'n soort geboë-knieë-oorgawe en menswording soos Jesus s'n, wat ons kan inspireer om dieselfde ingesteldheid te hê terwyl ons die Kerstyd nader.

Bid: 

Here, ek bely dat selfbeheptheid dikwels 'n maklike keuse is en ek neem daardie besluit heeltemal te veel. Ek is jammer. Help my om oorgawe te kies. Ek wil tot u troon nader, wat eens 'n nederige krip was, met my knieë gebuig en met die dieselfde nederigheid wat U in u menswording as voorbeeld gestel het. 

Mag my nederige oorgawe tot herskepping lei, nie net in my eie lewe nie, maar ook in my gemeenskap. 

Amen.

Dag 14Dag 16

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV