Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 19 VAN 27

Laat musiek jou vandag help om 'n ingesteldheid van oorgawe aan te neem. 

Laat die lirieke van een van jou gunsteling Kersliedjies jou herinner om in nederigheid jou hart op geboë knieë aan Jesus oor te gee. Hy gaan ons vooruit en kies om altyd by ons te wees. 

Let veral op na jou liggaamshouding terwyl jy na die musiek luister. 

Laat jy jou liggaam toe om die ingesteldheid van jou hart na te boots of word jou liggaamshouding deur die lirieke beïnvloed? Probeer om met 'n ingesteldheid van oorgawe na die musiek te luister. 

Hier is 'n paar liedjies as jy aansporing nodig het:

  • Kom alle getroues
  • Stille nag

Nadenke:

  • Hoe spreek die lirieke van die liedjies wat jy gekies het vandag tot jou?

  Laat jou aanbidding vandag 'n offer van oorgawe aan Hom wees. 

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV