Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 22 VAN 27

"Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees" (Matteus 6:21).

Volgens CanadaHelps, skenk Kanadese 1.5% van hulle inkomste aan liefdadigheid en daardie syfer word elke jaar kleiner. Oral gee ons minder geld as tevore. 

Maria, 'n jong ongetroude meisie in die eerste-eeuse Palestina, het baie min of dalk geen besittings gehad nie. Die feit dat sy deur die Heilige Gees kon swanger raak, was vir die meeste mense ondenkbaar en skandalig. 

Hierdie jong meisie het egter in geloof haar hande en haar hart oopgemaak vir dit wat God haar geroep het om te doen. Deur haar kon God met die werk begin waardeur Hy beplan het om die hele wêreld te red en te herstel.

Gedurende die eerste paar maande van die COVID-19-pandemie, het die personeel by 'n plaaslike Compassion-sentrum in Ethiopië seker gemaak dat gesinne in hierdie program, die nodige voorrade het om gedurende die pandemie gesond te bly. 

Tsege, die sentrum se direkteur het gesê: “Om hulle te vertel van die belangrikheid om hul hande in hierdie tyd te was, is nie genoeg indien ons hulle nie ook voorsien van die voorrade wat hulle daarvoor nodig het nie.”

Terwyl die sentrum se personeel na hulle omgesien het, het die gesinne in die Compassion-program terselfdertyd ook omgesien na hulle bure. 

“Wat ons ontvang het gaan nie net my gesin red nie, maar ook my bure as ek dit met hulle deel. As my buurman nie versigtig is nie, gaan my pogings nutteloos wees om my eie gesin te help. Ons beskerm dus mekaar. 'n Koekie seep gaan baie help om ons almal teen die virus te beskerm,” aldus Tigist, een van die kinders se ma.

As ons in hierdie Adventstyd, dink waaraan ons ons geld en tyd gaan bestee, mag ons die toewyding en getrouheid van die jong Joodse meisie, Maria, onthou. Mag ons almal oop hande hê om te gee. Al het ons, soos Tigist van Ethiopië, nie veel om te gee nie.

Mag ons gee uit die oorvloed van genade wat ons in Jesus ontvang het.

Bid:

Jesus, ek bely dat ek my skat dikwels in die dinge van hierdie wêreld soek — dinge wat tydelik en van verbygaande aard is. Ek wil my oë op die dinge daarbo vestig en belê in dit wat ewigheidswaarde het en tot U verheerliking is. Help my om my begeertes aan U oor te gee. 

Gee my 'n hart om te gee uit die oorvloed wat ek van U ontvang. Help my om die nood om my raak te sien en maak my hande oop om gewillig te gee. Laat my nie vasklou aan dit wat ek ontvang het nie, maar dit gewillig uitdeel. Mag ek in 'n gesindheid van vrygewigheid lewe, in die wete dat u Woord sê: "... Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word ..." (Lukas 12:48b). Mag my hart en my skat altyd in U wees. 

Amen.

Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV