Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld
Kom, steek 'n kers aan, nooi familie, vriende en geliefdes. Dek jou tafels, maak die gordyne oop en laat die lig binnekom.
Ons Koning het gekom!
God het mens geword om onder ons te woon. Kom ons vier die wonderbare geboorte van ons liefdevolle Redder, Jesus Christus!
Kom ons aanbid Hom saam.
Luister na: Hoor die blye eng'lelied deur Piet Smit
Bid:
Koning Jesus, ons aanbid U. U lewe gee aan ons lewe. U het ons nader aan U getrek en ons u vriende genoem. By U het ons ons asem, lewe en ons hele bestaan gekry. Jesus, u nederige koms gee 'n groter verhaal te kenne. Dit vertel ons van die soort koning wat U is. U is 'n Koning wat gekom het, nie om deur die swaard te heers nie, maar deur diensbaarheid. Johannes 10:10 sê van u Seun: "... Ek het gekom sodat [julle] die lewe kan hê, en dit in oorvloed."
Ons hoef nie meer te soek na vervulling in dinge wat van verbygaande aard is nie! Ons hoef nie meer ons identiteit te verbind aan dinge wat verlore gaan nie. Ons Koning, in U wat in 'n krip gebore is, is alles wat ons nodig het. Here, ons bid om in die nuwe jaar wat kom, deur u heilige Gees gedring te word om te lewe soos toe U op hierdie aarde as mens kom woon het.
Lei ons om ons oë op U gevestig te hou, ongeag die dinge in ons lewens wat ons fokus van U af weglei.
Here, lei ons om ons koppe op te lig en u goedheid en heerlikheid raak te sien wanneer die wêreld om ons, ons harte met swaarmoedigheid vul.
Herinner ons om U in ons daaglikse gebede met geboë knieë op u regmatige troon te plaas en ons geneigdheid neer te lê om net op onsself te fokus.
Inspireer ons om met oop hande te lewe, om vrylik aan ander te gee uit die oorvloedige genade wat ons van U ontvang.
Help ons om met ope arms en vreugdevol u geskenk van lewe te ontvang en U met ons hele bestaan te aanbid.
O Vredevors, mag ons lewenshoudings altyd u koninkryk verhef. Help ons om in hierdie nuwe jaar vir U lief te hê: "... met [ons] hele hart en met [ons] hele siel en met [ons] hele verstand en met al [ons] krag" (Markus 12:30) — deur te lewe en lief te hê volgens die voorbeeld wat U gestel het.
Amen.
Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig. Kyk ook na ander hulpbronne van Compassion Canada.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.
More