Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 9 VAN 27

Daar is jare wat ons dit eenvoudig nie voel nie, of hoe? Die Kersvreugde wat ons hierdie tyd van die jaar "veronderstel" is om te voel. Die verwondering en vreugde wat saamgaan met die dag toe ons Verlosser mens geword het sodat Hy hier op aarde by ons kon wees. Sommige jare voel dit asof die wêreld se laste op ons skouers rus.

Die swaarmoedigheid van dít wat ons op die nuus sien, weeg baie swaarder as die opwinding daarvan om 'n denneboom in die sitkamer op te slaan.

Die geklop van ons gebroke harte na 'n jaar van verwarring, verlies en swaarkry, klink harder in ons ore as die Kersliedere uit ons luidsprekers.

Die weerklanke van ons broers en susters wat uit desperaatheid oor die wêreld se onregverdigheid huil, vloei dieper in ons are as ons koorsange van aanbidding.

Dawid kon Psalm 3 vandag geskryf het.

Let op die konteks van Dawid se psalm. Hy roep in sy vrees en droefheid uit na God. Sy seun, Absalom, het 'n rebellie teen hom gelei, in 'n poging om Dawid se heerskappy omver te werp. Kan jy jou voorstel hoe dit moet voel wanneer jou eie kind jou soveel pyn besorg? 

Regdeur die psalm sien ons hoe Dawid se hart van droefheid oorloop. Hy is oorweldig deur die magdom mense wat hom wil aanval. Selfs midde-in hierdie werklikheid weier hy egter dat sy fondamente geskud word.

Haal diep asem en lees weer hierdie Skrifgedeelte. Neem Dawid se liggaamshouding in terwyl hy na God uitroep.

Dawid se vaste vertroue in God se bevryding en beskerming, selfs wanneer alles om hom besig is om te verbrokkel, leer ons iets om hierdie Kersseisoen te onthou. 

Nadenke:

  • Wat let jy op aangaande Dawid se gedrag te midde van vrees en verwarring? 
  • Watter woorde trek jou aandag? 
  • Hoe sal jy tydens moeilike tye jou hart en verstand op God rig?

Kom ons lig saam ons koppe op na ons magtige Koning, wat gebore is om ons te verlos van die kettings wat ons vashou.

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV