Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

DAG 6 VAN 27

Gebed is vir baie mense 'n geheimenis. 

Vir sommige is dit ook 'n stryd, veral in ons vinnige, haastige wêreld. Blykbaar is daar skaars tyd om stil met God te kan gesels en wanneer ons wel die tyd afknyp, is dit bykans onmoontlik om te fokus met al die gedagtes wat gedurig deur ons koppe maal. 

Probeer om selfs nou jou gedagtes rustig te kry. Hoeveel dinge veroorsaak 'n gegons in die agtergrond van jou lewe?

Gebed maak só 'n belangrike deel uit van ons geestelike vorming. 

Gebed gaan nie daaroor om die regte dinge te sê of om pragtige, weldeurdagte woorde in te ryg nie. Gebed gaan daaroor om in jou verhouding met God te belê en toe te laat dat dit jou vorm. 

As ons toelaat dat gebed 'n gereëlde aktiwiteit word, kan dit ons begin vorm om mense te word wat meer gefokus en minder gejaagd is; mense wie se oë altyd op Christus gerig is.

Kom ons bid.

Jesus, ek bely dat daar dikwels te veel dinge is wat my aandag aflei van die oorvloedige lewe wat U aan my en al u kinders bied. Lei my in hierdie feestyd na die nederige eenvoud wat u geboorte gekenmerk het — die eerste Kersfees. Maak my oë oop vir die maniere waarop ek my lewe kan vereenvoudig, sodat ek met doelgerigtheid my oë op U kan rig en alles wat U vir my wil gee.

Jesus, ek wil die liggaamshouding van die wyse manne inneem. Ek wil hê my hart moet vir U oop wees. Ek wil onthou om U te aanbid omdat U goed is en omdat U as 'n babaseun na ons toe gekom het om aan ons liefde te bewys. Ek wil my allerbeste vir U gee en ek wil myself oopstel vir nuwe maniere waarop U my wil lei. 

Dankie vir hierdie feestyd en die maniere waarop dit my herinner om rustig te raak en my oë op U, Jesus, te rig. 

Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Postures Of Advent: A Daily Christmas Devotional

Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.

More

Ons wil graag vir Compassion Canada bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek: http://cmpsn.ca/YV