Liggaamshoudings Gedurende die Adventtyd: 'n Leesplan vir KersfeesVoorbeeld
Musiek is 'n ideale hulpmiddel waarmee ons 'n ingesteldheid kan kweek wat ons nader aan Jesus bring.
Wat is jou gunsteling liedjie wat jou help om jou hart vir die Kerstyd voor te berei?
Staan 'n paar oomblikke af om jou hart gereed te maak. Kies 'n Kerslied van aanbidding en speel dit. Laat die lied jou daaraan herinner om met aanbiddende oë na Jesus op te kyk.
Hier is 'n paar voorstelle indien jy nie dadelik aan 'n liedjie kan dink nie:
- Kom alle getroues
- O Christus, ons verlange
Laat die lirieke toe om jou te lei na 'n tyd van aanbidding tot Koning Jesus.
Nadenke:
- Hoe tref die lirieke van jou liedjie jou vandag?
- Kan jy aan maniere dink om die waarheid en vreugde van die liedjie met iemand te deel?
Onthou deur die loop van die dag dat jy altyd 'n biddende hart kan hê.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die liggaamshoudings wat ons gedurende die Kersseisoen inneem, maak 'n groot verskil aan hoe ons die wonder van die Adventtyd ervaar. Word geïnspireer deur jouself gedurende hierdie 4-week leesplan volkome aan Jesus oor te gee, net op Hom te fokus en die genade van ons Koning as jou eie te aanvaar, terwyl jy deur vyf verskillende liggaamshoudings beweeg: Oë Gerig, Kop Opgelig, Knieë Gebuig, Hande Oop en Arms Wyd.
More